
Dorp: Mokopane
Antwoord 1: Die een ding wat ons verhouding so spesiaal maak...is dat ons saam kan lag en laf wees! Dit skep memories vir 'n leeftyd.
Antwoord 2: In 2025 het ek n lewensdreigende miskraam gehad met my baba dogtertjie. My ma het met my deur gejaag Mediclinic ongevalle toe, dit was n redelike abnormale miskraam, ek onthou ek het opgestaan van die bed af en volgende oomblik inmekaar gesak...ek moes ook nie meer hier gewees het nie maar my ma het my van die grond af opgeruk uit desperaatheid en begin hardop bid...nadat hulle my stabiel gekry het, het ek my ma nog nooit so bekommerd gesien nie, ekt net my hand uitgereik na haar toe en haar hand vasgehou. Ons is altyd daar vir mekaar deur die beste tye maar ook tydens die hartseerste tye van die lewe.
Antwoord 3: Wees altyd oop en eerlik met mekaar! Dit vorm die basis van 'n hegte band want jy kan alles met mekaar deel.