Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Andaleen Renke

Andaleen Renke

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ek het soveel noemname, koestername vir my liefste Moedertjie. Moeks, Moeksie, Moekiestes, Mamsie, Mametjie... Sy is LIEF, kosbaar en die liefste En beste Mamma en vriendin wat enige dogter ooit voor kan hoop. Ek onthou op skool het hulle altyd gevra wie is jou 'hero'...en ek kon sonder twyfel antwoord my Moeksie... Daar is en was net nooit iets, in my oë, wat sy nie kon doen nie.....Sy kan net alles doen...heerlike kos maak, mooiste tafels dek, blomme rangskik, tuin maak, klere maak, skilder...'n ware tuiste skipper en Spreuke 31 vrou.... Sy het 'n hart van goud en het altyd ons 3 kinders se belange bo haar eie gestel... Tot laat aand pottebakkery klasse aangebied, die warm oonde gepak en mooiste handgemaakte klei items geskep. So het sy my Pa gehelp dat ons, ons kwalifikasies kon kry en ook het sy so kon bydra om my mooiste dag....my troudag, sprokiesmooi te laat realiseer. 'n Ware lewensles is dat sy altyd haar Moeder se motto gevolg.het, naamlik. om 'iets uit niets' te skep. Dis nie 'n kuns om met geld dinge te laat gebeur nie... Sy is nie net my Ma nie sy is my beste vriendin en ons geniet dit om saam rond te snuffel op Markte, te bak en brou, arts en crafts saam te doen en daar gaan nie 'n dag verby dat ons nie gesels nie. Die mees wonderlikste tyd was in 2022 toe ek en sy saam na die Beloofde Land kon reis. My ouers bly nou in die WesKaap en soos die Here wil trek ons Januarie 2027 Kaap toe en so gaan ons meer kwaliteit tyd saam geniet.

Antwoord 2: In 2021 is my Moeder gediagnoseer met borskanker, hulle het genadiglik dit vroegtydig opgespoor en sy het nie nodig gehad om chemo te kry nie... Toe sy my vertel het, het ek vir haar gesê, kanker is NIE 'n doodsvonnis nie. Ons het saam gebid en ons vertroue in ons Hemelse Vader se Hande gesit. Ek is so dankbaar vir die Dr wat my Moeksie monitor, sy stuur haar gereeld vir toetse ens. Nov 2022 was sy vir toetse en, hulle het iets raakgesien op die sonar in haar kolon. Die Dr het aanbeveel sy gaan vir kolonoskopie. Sy het gesê, Januarie sal sy gaan, want hulle was oppad na ons toe vir Kersfees. Maar so werk mens se beplanning nie altyd uit nie...Januarie 2023 val sy in ons huis en breek sy haar skouer. Sy kry toe skouervervanging...en hulle bly by ons en ek versorg haar...en ek dink op 'n stadium....sy is so weerloos.....ek sponsbad haar en trek haar aan en make up haar. Dit was grappig...glad nie maklik om wenkbroue te teken nie...tot ek stencils gaan koop het...So kosbare tyd, saamwees en op mekaar steun. Ons grap altyd ...hulle het gekom vir Kersfees en is Paasfees terug huis toe. Dit was ' n wonderlike tyd, al was die omstandighede nie rooskleurig nie.. Nadat hulle terug huis toe is, het sy rehabilitasie deurgegaan. My Moeder is toe eers in Aug 2023 terug vir die kolonoskopie, waar sy dadelik geopereer moes word...daar was 'n groot gewas in haar kolon, kwaadaardig en hulle moes groot gedeelte van haar kolon wegsny. Maar die Here is wonderbaar...die kanker het in al die ryd nooit versprei nie. Ek sê die Here het Sy Hande om die gewas gehou en op haar 80 ste verjaarsdag, Januarie 2025 kon ek tot eer van die Here by haar verjaarsdag dans. op die lied Holy Forever....SOVEEL GENADE.... Sy was onlangs weer vir toetse en is steeds skoon. Dankbaarheid het nie woorde nie... En so het ons genadetyd, om mekaar te geniet en te waardeer.

Antwoord 3: Natuurlik is daar 'n tyd wanneer Ma en dogter nie altyd 'eye to eye' sien nie...dis meestal wanneer ons dogters jonk en eintlik sommer net onwys is...altyd het ons Moeders net die beste vir ons in gedagte...en soos mens ouer word...gaan die lig aan en besef mens die omgee en liefde. Van 'n Moeder. Ek is ongelooflik dankbaar vir my Moeksie en dank die Here vir haar. Die beste raad is om mekaar te vertrou, om mekaar lief te hê, om die Here te vertrou en om kwaliteit tyd saam re spandeer.