
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek en Chantlle werk saam en lag baie, gesels baie en 'voel' saam oor die hartseer van ons medemens! Chantelle hou my op my tone oor musiek en lirieke en alles rakende jong volwassenes van vandag en ek leer haar oor jare gelede en die nostalgie van 'toeka se jare'. Ons is baie lief vir die natuur en ons lekkerste lekker is om tyd in die nafuur deur te bring en God se wonderlike skepping te geniet. Chantelle is se 'happy place' is lekker kos en saam gesellig te kuier. Ons maak saam die beste van elke dag!
Antwoord 2: My man is 6 maande gelede oorede en Chantelle het my gehelp om haar Pa te versorg terwyl ek gewerk het - dit was n baie groot uitdaging vir ons albei - ons het baie op mekaar gesteun en ons geloof in God het ons deurgedra tot vandag toe. Dit is amazing hoe hierdie moeilike tyd ons soveel nader aan mekaar gebring het! Ek weet dat God ons nooit sal begewe of verlaat. Nogtans sien en geniet ons die mooi in elke dag, al verlang ons baie na Hennie want ons besef dat elke dag kosbaar is en n geskenk uit Vader se hand is! Ons koester die mooi in ons harte en leef voluit ten spyte van die hartseer. Ons het soveel simpatie en deernis vir mense wat seer het e deur n moeilike tyd gaan en kan uitreik en nrt liefde betoon en n verskil maak in hul lewens. 'Love conquers all....'
Antwoord 3: Wees eerlik met mekaar,spandeer genoeg tyd saam en LUISTER na mekaar se harte. Betoon respek teenoor mekaar. Doen lekker dinge saam wat awesum herhinneringe bou en wat altyd en jul harte sal bly! Gun mekaar hul 'spasie' en respekteer mekaar se 'boundaries'...... En bid baie saam! ;)