Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Chanté Kruger

Chanté Kruger

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: My en my ma se verhouding is uniek en spesiaal …verby spesiaal.Ek en my ma is nie net ma en dogter nie maar beste vriendinne.Ek en my ma het net mekaar vanaf 2016.Ek en my ma het saam gegroei in die vrouens wat ons vandag is en verstaan mekaar uit en uit.Ons verstaan mekaar se harte en denke sonder om n enkele woord te gesels.Ons is mekaar se steun pilare in die lewe .Ek en my ma is ongelooflik baie dieselfde en kan soms hardkoppig wees maar het baie sagte harte.Ons praat oor alles ,gee mekaar lewens raad oor alles en is altyd daar vir mekaar maak nie saak wat nie.

Antwoord 2: Ek en my ma het in 2016 my pa verloor.Dit was ń ongelooflike moeilike tyd vir ons en is nogsteeds al is dit 10 jaar later.In hierdie tyd het ons saam gegroei in die sterk vrouens wat ons is vandag.Ons het saam deur die emosies,struikels en goeie tye gegaan en doen nogsteeds.Ons verhouding het ook sterker gegroei en nader aan mekaar gegroei.Ek en my ma het net mekaar .Ek sal nooit my ma verruil vir enige iets nie !Want sy is die beste.

Antwoord 3: Dogters praat met jou ma oor alles selfs al is jy bang .Jou ma sal altyd daar wees vir jou .Sy is die een vrou wat jou sal verstaan en ondersteun maak nie saak wat nie.Want daars niemand soos jou ma nie. Ma’s wees geduldig met julle dogters.Jou dogter is besig om haar voete te vind en te groei in die vrou wat sy wil wees.Want dogters kyk altyd op na hulle rolmodel .Hulle ma.