
Dorp: Krugersdorp
Antwoord 1: Shu, waar begin mens.... ek kan wel sê my Ma is n maand terug oorlede en dit het my nog meer motiveering gegee om in te skryf..... 'n Verhouding tussen 'n Ma & Dogter is uniek, daar is min woorde wat dit kan verduidelik want nie almal voel die selfde nie, maar ek & Kyla is mekaar se "clone" soos die engelsman se, nee regtig, ons skryf soos mekaar, ons lyk na mekaar, ons tande is die selfde (myne dalk meer in my jonger dae 🫣) ons kan selfs soos tweelinge mekaar se sinne kla maak.... "twin telepathy"... hahaha.... Gebeur gereeld & dan lag ons klip hard of soms net smile dat ons altwee se dimpels daar uit die kuiltjie loer..... Ek was tot so 3 jaar terug ook nog blond soos Kyla en dan as die mense ons groet in die winkel, ooo eee Kyla jy is jou Ma uitgeknip.... en hulle weet nie eers van ons closer bond soos bogenoemde nie..... ag, nou dwaal ek weer af.... Ons verhouding is vir my spesiaal want vir ons 2 vul ons mekaar aan en dis daai stil oomblikke of oog kontak dan weet ons; die dimpels saam die glinster in ons bruin oë doen die praat werk.......
Antwoord 2: Ek wil die vraag baie privaat en diskreet antwoord want dis n teer punt in ons huis, maar my Man & natuurlik Kyla se Pa het n probleem met verslawing...... en daar was al moeilike dae, baie moeilik. Rehab, werk verloor, ag en die lys gaan aan maar ek wil nie oor hom praat nie, ek praat mos oor ons. Kyla was net altyd daar en weer speel ons oë 'n rol, want die een kyk net vir die ander dan weet sy, kort n big fat hug of net n styf vas hou & ondersteun, selfs net n tissue aangee..... PS: bogenoemde streng privaat & nie vir publikasie nie!!! PSS: Alkholisme.
Antwoord 3: Nou Kyla sit hier langs my ek lees vir haar soos ons aangaan, maar ek het al lankal gelees wat is die vrae & presies geweet wat ek hier wil skryf : EERLIKHEID!! So om af te sluit, toe ek vir haar lees toe skree sy lekkerlik die antwoord uit sonder dat sy geweet het wat ek wou skryf: EERLIKHEID!!! En net daar se ons altwee, O my Soul...... Hoekom se ek Eerlikheid - wat ek kom uit 'n preedse huis en ons 2 sussies het goed agter my Ma se rug gedoen, ek wil nie hê my 2 dogters moet nie & ons is afterall in 2026 en nie neentien toet nie.......