
Dorp: Bloemfontein
Antwoord 1: Ons verhouding is een uit ń miljoen vir verskeie redes. My ma wou nog altyd ń dogter gehad het. Sy vertel altyd van ń aand wat sy soos gister kan onthou- al is dit al amper 20 jaar gelede. Sy het op haar bed gesit en gebid na die hemele. Gebid dat God haar sal seën met ń dogter. Haar seënwens het waar gekom. Ons is ook baie eenders. Verskeie mense het al genoem dat die appel nie ver van die boom af val nie. Selfs van haar ou onderwysers wat vir my ook klas gegee het...dertig jaar gelede.Ons het ń besonderse band. Ons voel mekaar aan,soos wat tweelinge ook doen. As een van ons hartseer is sal die ander een ń boodskap stuur en vra wat fout is,want die ander een het dié vreemde emosie gekry van uit die bloute uit. Dit gebeur al is ons hoé ver uit mekaar uit. Ook soos tweelinge verstaan my ma my beter as enige iemand in die wêreld...soms beter as ek self. Ons hoef nie ń woord te sê nie- net een kyk dan weet ons hoe die ander een voel. Dit voel baie keer of ek myself sien voor my staan. Ons lyk nie net eenders nie,maar ons aard ook ongelooflik baie na mekaar.
Antwoord 2: Ons het 3 jaar gelede deur ń rowwe tyd gegeaan waar ons mekaar meer as ooit nodig gehad het. My ma was vir lank in die hospitaal en ek en my broer moes by my ouma gaan bly het. Sy was negatief en hartseer,dit het my ook geafekteer om haar só te sien. Ek het geweet dat ek positief moes wees vir haar. Ek was haar steenpilaar. My ma was alleen en onseker oor wat in die toekoms gaan gebeur. Ek het my kneë af gebid om haar weer gesond te kry. Ek het vir haar ń "Go Fund Me" geskep om van die stres van die onkostes te probeer verlig. Op die ou end het dit ook baie gehelp. Ek het my aller beste probeer om fisies en emosioneel daar vir my ma te wees,want ek weet sy sou presies dieselfde vir my gedoen het. Dié ervaring het ons verhouding laat groei vir die beste. Ons het besef hoe na ons aan mekaar se harte lê en hoe baie ons mekaar waardeer.
Antwoord 3: Ons raad is eenvoudig. Kommunikasie is die basis van enige goeie verhouding. Praat oor dinge wat jou pla van die ander persoon,doen dit net op ń subtiele manier. Moet ook nooit kwaad gaan slaap nie. Mens weet nooit wat die toekoms inhou nie. Eerlikheid is net so belangrik. Dit maak dat jy maklik kan oopmaak teenoor die ander persoon sonder om ongemaklik te voel. Dit bou dan ook vertroue wat nodig is vir ń sterk band,want waar vertroue gebreek is...is twyfel nie ver daarvan af nie.