Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Elzaan Lombard

Elzaan Lombard

Dorp: Loeriesfontein (Paarl toe travel is moontlik)

Antwoord 1: Ek en Ghia kon nog altyd reguit en eerlik met mekaar wees. Sy word ook van jongs af geleer dat jy vir jouself moet dink, en dat om kalm te bly jou ver sal bring. Wees trots op waar jy vandaan kom. Twee Opregte vriende is meer werd as om te dink jy moet baie hê. Die Heilige Gees is nader as jou eie hartklop en om in lyn met Sy wil te leef is ons grootste missie! Ons love mekaar en geniet dit elke stappie vam groei en ouer word. Ons waardeer mekaar as individu en ia opgewonde vir mekaar sy lewe.

Antwoord 2: Ghia is hierdie jaar na hoërskool 400km van die huis af in die koshuis. Van n klein privaatskool vam 27 kinders na 1400 kinders im die skool. Om weg te wees van ons en haar hegte gesinsband te behou te midde van al die aanpassings en verandering. Hier moer Ghia nou haar staal en deursettingsvermoe wys en emosioneel vasbyt omdat sy weet hierdie omgewing bied haar soveel geleenthede! Ons beide leer om vastebyt en te weet soms moet mens baie groot onseker dinge aanpak om groter dinge te bereik!

Antwoord 3: Ghia is nie verantwoordelik vir my emosionele geluk nie. Sy is haar eie mens. Ek ondersteun haar. Respek vir mekaar is so belangrik. En oop kommunikasie is absoluut sleutel tot n baie hegte band.