
Dorp: Henley on Klip
Antwoord 1: Die band tussen ma en dogter het vele fasette…… dit begin met onvoorwaardelike versorging en beskerming, en soos wat die dogtertjie Tanya ontwikkel sien sy stukkies van haarself in my. As ma sien ek my verlede en my toekomshoop in my liewe Tanya. Dit bring nabyheid en warmte en vertroue…….. maar bring ook ons verskille en uniekheid na vore. Deur die jare bring so ‘n band onafhanklikheid en verandering. Die band word een van onvoorwaardelike liefde en wedersydse respek. Die mamma-dogter verhouding word een van twee volwasse vroue, verbind vir altyd deur gedeelde herinneringe, waagmoed, en verstaan…. Dit vorm hoe ons onsself sien en hoe ons met die wêreld omgaan. Ons band groei, buig en stres….. maar sal nie breek.
Antwoord 2: Vir ons gesin het 2020 uitdagings gebting en bo op die Covid uitdagings, is fie man in ons huis (Tanya se pa) in ‘n baie ernstige motorongeluk betrokke. tanya wat gewoonliknin fie VSA werk, hrt dowatvdrie weke voor fie ongeluk met fie laaste RSA re-patriasievlug in SA geland. Deur die 90 + dae in die intensiewe sorg, 14 operasies en rehabilitasie, was ons ‘n gedugte span, saam met kleinboet wat matriek moes skryf! Ons het oorleef, hoop, vertrou en bid…… en elke dag bakhand gestaan om die Genade van Bo te obtvang. Ons verhouding her gegroei omdat ons in ons afhanklikhrid van God gegroei het en ons elke dag van die “stryd” saam in dankbaarhrid kon aandurf.
Antwoord 3: Bid saam….. Droom saam…. Lag saam vir mekaar…. Wees eerlik en respekteer mekaar……. Wees lief vir mekaar en maak baie ‘memories’. Hê tyd vir mekaar en inspireer mekaar. Geloof, hoop en liefde, maar die grootste hiervan is die LIEFDE.