
Dorp: Potchefstroom
Antwoord 1: My ma sou toe ek jonger was gou vir my sê “ek is nie jou vriendin nie”, jy kan my skok besef toe sy eendag vir my sê, “jy is my beste vriendin”. Ironies genoeg, het sy gesê wat ek al vir jare voel. Ek en my ma verstaan mekaar op ń manier wat vir ander om ons of bewonderenswaardig of vreemd is. Ons dink dieselfde oor dinge, het dieselfde stokperdjies, en bowenal is sy my gunsteling mens om mee tyd te spandeer. Ek is so bevoorreg om ń ma te hê wat my liefhet met alles in haar, my leer hoe om sterk te wees, en my elke keer herinner van my geloof in ń almagtige God.
Antwoord 2: Toe ek 21 was het ek oorsee verhuis vir my droom werk, so moeilik soos wat dit vir my ma was het sy my met oorgawe laat gaan. Vir die volgende 3 jaar en 8 maande het sy my ondersteun van sowat 6000+ km ver. Dit was moeilik vir my om so ver van haar te wees, iemand wat ek elke dag van my lewe al gesien het (give or take vir so paar Voortrekkerkampe en die 5 dae ń week in my eerstejaar op universiteit). Die kere wat ons mekaar wel gesien het in daai tyd het ons die heel beste daarvan gemaak. Terwyl my kollegas eerder verder oorsee gereis het met hulle verlof, was my ma die trekkingskrag wat my altyd huistoe gebring het. Ten spyte van die afstand, het ons mekaar steeds ondersteun, en toe ek besluit on terug huistoe te kom was my ma die heel blyste van almal. Noudat ek terug by die huis is, is elke dag vir ons albei ń fees.
Antwoord 3: Van ma: Om eerlik met mekaar te wees in die goed en die sleg. Moenie geheime hê nie. Hê saam pret, maar maak ook tyd vir dieper gesprekke. Herrineringe tromp geskenke as dit kom by ń hegte band. Van dogter: ń Liefde en respek vir die vrou wat jou grootgemaak het. Om tyd te maak vir mekaar al is die lewe besig. Vertroue wat altwee kante toe gaan maak moeilike gesprekke baie makliker. Leef naby aan mekaar al is jy ver. Leer mekaar ken en groei saam.