Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Carla Geustyn

Carla Geustyn

Dorp: Johannesburg

Antwoord 1: Waar begin ek? Ek is gebore op 15 Des 1989 en ek is tans 36 jaar oud. Drie dae na my geboorte het ek oogkontak gemaak met my sielsgenoot, my ma, en tot vandag klou ek steeds vas aan elke liewe oomblik saam met die mees fantastiese mens wat ek al ooit ontmoet het. Ek is vir die laaste 11 jaar 'n getroude vrou met twee dogtertjies, en my wense is dat ek 'n verhouding met my dogters sal hê soos wat ek en my ma met mekaar het. Ons sien mekaar elke dag, gesels elke aand tot laatnag en dra mekaar deur goeie en slegte tye. Ons is mekaar se rots, anker en staatmakers.

Antwoord 2: 'n Ma en dogterband wat nooit sal breuk nie. Goeie en minder goeie tye het ons al deurgemaak. Saam staan ons sterk. As daar goeie dinge gebeur kontak ons mekaar dadelik of die goeie tye gebeur sommer saam met mekaar. Minders goeie tye het ons al gehad. Glo my. Pyn het ons al saam gedra. Hulle sê altyd dat 'n ouer nooit 'n kind moet begrawe nie. Op 19 Julie 2009, is my broer oorlede. Ek was 18 jaar oud, 'n matriekleerder. Ek, my ma, pa en oudste broer was daar vir mekaar. Ons het die pyn saam gedra. Tyd het aangestap en 'n mens leer om met die pyn te lewe. Spesiale oomblikke was en is my ma altyd daar vir my en so is ek altyd daar vir my ma. Op 23 Nov 2023, is my ma se lewensmaat, my beste pel, my pa, opgeroep na die hemel. My pa is skielik van ons af weggeneem en die pyn raak net nie beter nie. Ek en my ma is mekaar se ankers. Ons ondersteun mekaar die die seer en bid saam. Ons bid dat die Here ons die krag gee om elke dag voluit te lewe.

Antwoord 3: Ons raad aan ander ma's en dogters is om saam te bid, saam te glo en om altyd daar vir mekaar te wees. Niemand is perfek nie en ons almal het ons minder goeie dae. Ons glo dat dit die 'minder goeie dae' is wat ons net nog meer nader aan mekaar bring. Kontak jou ma, vra net hoe dit gaan. Wees daar vir haar want 'n ma en 'n dogter verstaan mekaar. Dit klink soos 'n alledaagse sê woord, maar die lewe IS kort. Soms sê mense jy lewe net een keer. Ons glo dat jy ELKE dag lewe. Lewe voluit. Wees daar vir mekaar. Lag saam. Huil saam. Sing saam. Wees net daar vir mekaar. Ondersteun mekaar deur goeie en minder goeie tye. Wees lief vir mekaar. Die tipe 'lief' wat jy nie kan verduidelik nie. 'n Ma en dogter liefde is onbeskryflik! Dit is 'n gevoel wat net 'n ma en dogter sal ken.