
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Die perfekte Ma en Dogter verhouding is nie altyd dat alles perfek is, of sonder fout is nie. Dit is om veilig te voel, respek vir mekaar en n liefde /aanvaarding wat nie verdwyn wanneer dinge moeilik raak of die lewe dalk n paar uitdaging bied nie. My ma sien my as my eie persoon en nie as n weergawe van haar nie. Sy vier my unieke persoonlikheid en kreatiwiteit, lei en help my met liefde en geen manupilasie en beheer nie. Sy bring n vars oog en korreksie sonder kritiek. Sy luister meer as wat sy preek, haar woorde en liefde is opbouend sonder om vrees te projekteer. Dis altyd onvoorwaardelik en word nie gedryf deur prestasie of wat ek bereik nie. Haar hart bars altyd van trots. Ek voel veilig genoeg om 100% eerlik te wees en ons mag van mekaar verskil sonder verwerping en aanvaar almal maak dalk n fout, maar vergewe vinnig. Ons het respek vir mekaar agv ons integriteit, liefde vir Jesus en onvoorwaardelike liefde vir mekaar. Ons kies om te leer uit mekaar se foute, ondersteun mekaar deur elke seisoen van die lewe, vier mylpale, droog trane af en daar is altyd genade wanneer misverstande opduik. So groei ons saam, lag, huil en celebrate die lewe saam. Binne ons verhouding is genade onbeskryflik groot en as Ma & Dogter is jy nooit alleen nie. Jy is diep geliefd, en voel ons altwee as vrou gewardeer en raakgesien.
Antwoord 2: In 2021 is my Ma gediagnoseer met n auto-immune siekte maar deur genade het sy 100% herstel en genees agv haar positiewe uitkyk op die lewe, ondersteuning van my en ander lede van ons familie. In hierdie tyd het ons saam geleer bid, vertrou, glo dat alles vir Hom moontlik is. Ons het saam deur trauma gewerk, geleer lief hê en die waarde van tyd saam te wardeer asof more nooit weer sal kom nie. Ons het die waarde van die lewe en vergifnis beter verstaan asook die effek van onbehandelde trauma uit die verlede en daaglikse spanning op jou brein, liggaam, en gees te volle te verstaan. Ons het ook saam n besluit geneem om n gesonder en standhoudende leefstyl te handhaaf en beter keuses te neem op n daaglikse basis.
Antwoord 3: Onvoorwaardelike liefde is n keuse elke dag en eke keer - oor en oor! Jy kan nie alles altyd beheer nie en om die stelling "let them" in totaliteit te verstaan en te weet dat die ander persoon ondersteun jou en het jou lief al maak niks op daardie stadium vir hulle sien nie. Jou waarde word nie bepaal deur wat jy bereik maar deur wie en wat jy is - jou authenticity maak jou spesiaal. Jesus het jou geskape vir n tyd soos nou! Tyd saam en memories is priceless! Respekteer die ander persoon se besluite en ondersteun hulle onvoorwaardelik al stem jy nie altyd saam nie.