Inskrywings | rooi rose
Mon-Fri 09.00 - 17.00

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Melanie Smith

Melanie Smith

Dorp: Centurion

Antwoord 1: Op my 51 jarige en my Ma se 77 jarige ouderdom leer ons mekaar eintlik vir die eerste keer in meer as 32 jaar ken ! Spesiaal want ons is die voorreg gegun deur ons Hemelse Vader om die tyd en geleentheid te hè om sedert laasjaar op 'n nuwe lewensreis mekaar weer in diepte te leer ken op 'n vlak wat ons albei uit ons "comfort zone" dwing . Diep , emosionele gesprekke te hè , saam trane te stort oor die "what could have been's " en ook lekker vir die eerste keer saam te lag en juig oor dit wat vir ons albei kosbaar en mooi in die lewe is. Wat 'n kosbare avontuur en absolute voorreg om te kan sè : Ja! Ons het 'n betekenisvolle Ma en Dogter verhouding wat elke dag meer betekenisvol raak en nooit weer sal op hou om te groei nie!❣️❣️❣️

Antwoord 2: As middelkind het ek in 'n baie liefdevolle stabiele huis groot geword. Ek was my Pa se "kind" en na my Pa oorlede is in my matriekjaar en ek Potch toe is om te gaan studeer het ek en my Ma maar net jaar vir jaar verder uit mekaar gedryf. Ons was altyd lief vir mekaar en "teenwoordig" in mekaar se lewe maar daar was 'n ondergrondse stilte tussen ons wat ons verhouding vir baie jare maar net oppervlakkig laat voortleef het. Ek het my man op 18 in 1993 ontmoet , is die jaar 2000 getroud en ons het twee pragtige seuns wat net 'n blessing is. My man is 3 jaar gelede met Bipolère depressie gediagnoseer na baie jare se hartseer en drama. Ek het na 25 jr uit 'n baie traumatiese en "abusive" huwelik uitgestap en stadig maar seker begin om verhoudings te probeer herstel met mense wat nog altyd vir my lief en dierbaar was maar wat ek uit my lewe en hart uit gesny het ter wille van " liefde en vrede in my huis". My Ma moes vir jare op die kantlyn van my lewe staan en wonder hoekom ek haar so weg skuif en altyd een of ander flou verskoning het om nie tyd saam te spandeer nie. Desember 2024 was ek en my Ma vir 'n week na Kaapsehoop, net buite Nelspruit toe. Die inskrywingsfoto is by Nelspruit se Botaniese tuin geneem. Daar in die pragtige , rustige Kaapsehoop het ons baie lang diep gesprekke gehad. Kon ek aan haar dinge verduidelik en vertel wat ek nooit die moed voor gehad het nie en kon ek letterlik en figuurlik weer bietjie rus en vrede in die skoot van my Moeder gekry. My Ma woon nou Januarie al vir 'n jaar by my in die huis en ons het elke dag die voorreg om ons verhouding te herstel en te geniet. Ek is haar "stil" kind , my Sus praat vreeslik baie, maar ek weet en glo vandag dat my Ma my ken en my hart verstaan al kry ek dit nog nie reg om so baie te deel soos sy seker graag wil hè nie maar ons verhouding is ONVOORWAARDELIK en dit is vir my en vir haar van onskatbare waarde. Ek het nooit geweet my Ma is so vol fiemies met kos nie, eet nie hoender nie, drink nie daai nie ens, ens! Het my nogals laat wonder waar ek vandaan kom want ek eet enige iets en alles, kan dit sien aan my lyf! Ek werk daaraan om meer oop te maak en te deel en te vertrou en sy eet darem al my hoender. Saam sal ons daar kom. Ek is oneindig lief vir my Ma en dankbaar vir haar in my lewe. En bitter bitter dankbaar vir die geleentheid wat ons gegun is om weer 'n lewendige siels voedende verhouding te kan hè!!!!!!!!❤️

Antwoord 3: Vir my is 'n "Goeie verhouding" 'n OVOORWAARDELIKE verhouding. My twee seuns het groot geword met 'n Pa wat net liefde, aanvaarding , aandag ens gee op sy voorwaardes en meriete en hoe hy die dag voel. Daar was nooit enige maatstaf nie. Net 'n maatstaf van - nie eers jiu beste - is genoeg om my tevrede te stel nie. My raad is onvoorwaardelike liefde. Hè mekaar lief, bou mekaar op, spandeer tyd saam, hè lang betekenisvolle gesprekke, konstuktiewe kritiek, lag uit die maag uit, doen aktiwiteite wat vir altwee belangrik is en LEEF ONVOORWAARDELIK saam sodat soos 'n fyn goue draad in ons nageslagte se lewens sal bly voortleef.