Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Anchen VAN NIEKERK

Anchen VAN NIEKERK

Dorp: Durbanville

Antwoord 1: Ek sou wat wou gee om te sê ons is beste maatjies, doen alles saam, en om 'n dogtertjie mamma te wees is alles waaroor ek ooit gedroom het... Inteendeel... oor 8 jaar is 'n sterk, onafhanklike, ongebonde, selfregerende, veerkragtige jong meisie gevorm. Wat besonders spesiaal is, is dat ons albei "strong willed at heart" en passievol oor die lewe is. Ons "challenge" mekaar daagliks, maar ons liefde vir mekaar is lojaal en opreg. As mamma bly ek Nina se beskermheer, raadgewer, veilige hawe.

Antwoord 2: Oktober 2024, net na Nina se 8ste verjaarsdag, is sy met kanker gediagnoseer. Die jaar journey van daar, het ons gebreek, herstel, weer gevorm, mekaar verloor en weer gevind Dit het ons forseer om te gesels oor ongemaklike situasies, meer gereëld te gesels. Die proses het vir Nina haar vegtersintink laat ontdek, en vir die mamma geleer en/of geforseer hoe om hierdie "strong willed child" te bestuur. Dit het geleentheid geskep om my meisiekind beter en op 'n ander vlak te verstaan, wat op die ou end toegalaat het vir ons verhouding om te groei, en ongelukkig al op 9, 'n baie meer volwasse verhouding met mekaar te hê.

Antwoord 3: Laat jou meisiekind toe om haar eie identiteit te vorm. Moet nie afbreek wat sy byvoorbeeld aantrek of hoe sy haar hare kam nie. Spreek dit op 'n positiewe manier aan as jy voel dit lyk nie goed nie.