Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Sune Van niekerk

Sune Van niekerk

Dorp: Lichtenburg

Antwoord 1: Wel soos ek hier sit en tik weet ek sommer kla ek gaan huil! 😅 Maar van die begin af my naam is Suné eks nou 23 - word 24. My ma Priscilla 40 (mag dit nie hardop se nie) kom van Lichtenburg af en ja my ma is my beste maaitjie, ek weet almal sê dit maar dit is regtig waar. Ek is so ongelooflik dankbaar dat Die Here my geseën het met haar, want ek sou nie vandag wees wie ek is, sonder haar nie! Sy het my geleer van groei, opstaan as jy val en om die lewe net 110% te geniet. Ek is bevoorreg om haar dogter te wees. Ek weet ek kan altyd bel as ek wil praat, huil of net soms so bietjie te skinder. Al baklei ons soms soos kat en hond, kan ons altwee altyd weet dat ons daar is vir mekaar en dat ons net so lekker soos jakkelse saam kan lag. Ek geniet dit om gou vinnig in my etenstyd halo te gaan se, naweke n rond ry rit te gaan doen. N braaitjie op n sondag. As ons iewers heen gaan en almal dink ons is sussies - speel ons maar saam want eintlik ja sy is n ma, sussie en beste vriendin alles in een! Sy het 2 jaar terug ouma geword en my seuntjie is so lief vir haar! Ek is lief vir haar! Sy het n hart van goud en n lag wat sy soms te skaam is om te gebruik wat net uit haar uit straal. Sy verdien die wêreld.

Antwoord 2: Soos elke ma en dogter het ons al ons up's and down's gehad - maar ons kom altyd sterker uit aan die ander kant. In my regte "ek is nou groot" stadium van die lewe wou ek net uit die huis uit, groot bakleiery en ek het toe getrek en werk daar gekry uit die dorp en ek en my ma het vir n rukkie nie regtig gepraat nie! Maar die oomblik toe ek nou eintlik besef die grootmens lewe is nie so maklik soos dit lyk nie. Was sy daar vir my, die eerste keer toe ek bel het sy opgedaag my gehelp en n stywe druk gegee en eks lief vir jou my nyQ! Wel as ek nou kon sou ek definitief weer terug trek huis toe.... ma se kos bly maar die beste 😂 Toe ek swanger geword het (wat nou nie heeltemal in beplanning was nie) was ons dood bang om my ouers te sê. Eventually toe ons hulle se was daar maar die obvious preekie gewees maar die dag daarna was die kamer al kla vol baba klere, speelgoed en n kot. My MA was daar vir my gewees toe ek MA word.

Antwoord 3: Wees regtig net vriende, wees daar vir mekaar. Ma's: wees geduldig! Moet nie altyd alles hart toe vat wat gese word nie al is dit moeilik, en besef dat julle letterlik die punt van alles is, op moeilike dae, op mislukke dae en op goeie dae n ma se hart is die ruinste en julle is sterker as wat julle ooit sal besef. Julle is meer geliefd as wat julle sal dink -al is dit nie altyd gese en gewys nie. Geniet elke liewe oomblik saam jou kind want glo my as n ma en n dogter dit gaan verby in n oogwink! Dogters: moet nie te vinnig wil groot word nie. Besef eder te vroeg as te laat dat jou huis, gesin en ma die waarste liefde is wat jy in jou lewe sal ervaar. Wys en se vir jou ma meer as wat jy nodig het om te, dat jy haar lief het en dat jy so dankbaar is vir haar. Die lewe is kort al voel dit soms lank en jy moet elke oomblik koester