
Dorp: Kaapstad
Antwoord 1: Ons ma-en-dogter verhouding het oor die jare gegroei en ontwikkel na ‘n ‘besties’ verhouding. Ons is opreg en eerlik met mekaar - ons heg waarde aan die terugvoer en opinie wat ons deel oor ons lewensbesluite. Ons het slegs ‘n 19 jaar verskil tussen ons en voel soms of my dogter meer lewenswysheid kan deel. Ons koffie tyd saam is ekstra spesiaal … ‘n vinnige ‘ma wil jy saam gaan shop’ kan ure saam in die winkel raak … veral met ‘n ice coffee in die hand. Ons vang lekker op oor wat druk in die lewe en gee mekaar weer moed om te fokus.
Antwoord 2: Ons dogter wou destyds ‘n argitek raak, nie plek gekry in die Universiteite en en was genoodsaak om deur ‘n privaat kollege haar graad kursus te voltooi vir interior design. Ons gesin het deur erg finansiële stryd gegaan oor daardie jare aangesien haar studies per jaar 4 keer meer was as deur ‘n Universiteit. Vandag is ons super trots op haar dat ons deur die moeilike tye kon kom en sy haar eie besigheid het.
Antwoord 3: Bou die verhouding met jou dogter van jong ouderdom. Wees betrokke in haar lewe, maar verstaan wanneer sy spasie nodig het. Luister na haar en stel werklik belang in wat haar drome en passie is en gee erkenning waar nodig soos ‘n cheerleader … ons het almal iemand nodig in ons lewe wat ons aanspoor van die kant af. En maak tyd vir ‘koffie-dates’ … dis tyd vir opvang. Maar onthou jy is eerste haar ma … en dan ‘n vriendin vir haar …