
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Wat maak ons verhouding so spesiaal, mmmmm! My ma was nog altyd my "go to" gewees en ek glo ek was, en is hare. Op die ouderdom van 32 bel ek haar nogsteeds eerste met alles wat in my lewe gebeur. My man spot my al en sê jou ma weet seker al klaar voor ek. Sy is die persoon wat ek bel wanneer ek besluite moet maak en al gee sy soms die regte oplossings, volg ek dit nie altyd nie. Ons band is baie sterk en verstaan mekaar op alle aspekte. Ek glo die band wat ons het, is wat sy graag met haar ma sou wou hê, maar ongelukkig is sy oorlede toe my ma 10 jaar oud was. Sy ken alles van my, daar was nog nooit geheime gewees tussen ons twee nie. My vriendinne het altyd gespot en gesê hulle gaan my niks vertel nie, want ek gaan vir my ma alles oordra. Maar dit is nie skinder of so nie, sy was en is my safe haven
Antwoord 2: Daar was goed in my verlede wat seer gemaak het, gaan nie in diepte gaan nie, maar dit het my baie gepla. In my hart het ek geweet ek sal dit moet uitkry en met my ma daaroor gesels. Sy het nie anders na my gekyk nie en was net liefde.
Antwoord 3: Ons raad sal wees, wees net eerlik met mekaar en aanvaar mekaar. Maak dit 'n safe space waar jou dogter oor enige iets met jou kan praat en daar gee oordeel is nie.