Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Martie Rossouw

Martie Rossouw

Dorp: Marquard

Antwoord 1: (Jalani is een wat sit by man met groen hemp. En een met blou hemp saam met Marinette. Sukkel om haar te kry om te staan vir foto) Jalani is my oudste dogter. Die band tussen ons was nog altyd spesiaal. Mense het al dikwels gevra of sy my dogter is. Ek het vir 8 jaar naskoolsentrum in Vanderbijlpark bedryf. Moet erken het baie gehuil om kinders te groete, baie het ek groot gemaak en kom uit gebroke huise. Toe Jalani op laer- en hoerskool was het sy altyd kom vra wie sukkel met wiskunde. Dan het sy onder boom gaan sit en hul met soveel geduld en liefde gehelp. Vandag gee Sy Cambridge wiskunde vir gr 8 tot 12. Hul skryf mooiste briefies vir haar want sy gee nie net wiskunde nie Sy ploeg in hul lewens terug. Sy's veel meer as wiskunde juffrou en maak my opreg trots. Haar liefde vir wiskunde oortref myne. Maar sy't ook lewe buite skoolhou. Balans was nog altyd vir albei van ons belangrik. Wanneer sy elke dag begin bel oppad huis toe van skool af, dan weet ek sy verlang en is tyd om van Marquard af te ry en in Pretoria te gaan kuier. Sy het tweeling seuns wat amper 3 word. Josua en Kaleb. Ek dink vandat sy ma geword het het ons verhouding nog meer verdiep. Sy vra raad en video call, dat ek al is ek ver, betrokke kan wees in hul lewe. Waardeer haar sooo baie. Sy't die mooiste hart, doen soveel moeite met tweeling op akademiese, sosiale en geestelike vlak. Sy leef naby ons hemelse Vader en dra dit ook aan hul oor. Ek sien so baie van myself in Jalani. Met die bedrywige tweeling kry sy min tyd om aan haarself aandag te gee en haarself te bederf. Selfs as ek tweeling net vir uur kan besig hou met verf of klei waardeer sy dit altyd opreg. Ons se so baie vir mekaar ek is lief vir jou, want dit is so waar. My hart se een punt. Jalani was nog altyd mal oor musiek. Sy speel klavier en blokfluit. Een van die klaviere gaan na haar wanneer on in jaar Pretoria toe trek. Glo sy sal ook saam met boeties oefen soos ek altyd saam met haar geoefen het. Sy sal bel en vir my hoendersop resep vra as Andreas siek is, sy glo dit maak alles gesond. Of om te help kaste bou- dis vir my kosbaar. Ons praat openlik en eerlik oor alles. Dis regtig voorreg om haar mamma of mams te wees.

Antwoord 2: Ek het altyd na haar westryde en prys uitdelings en revue toe gegaan. Was vir my regtig belangrik. Maar op Sundra het my werk soms vereis dat ek vergaderings moes bywoon wat ek nie kon deligeer nie. Ek kon ongelukkig nie haar gradeplegtigheid bywoon nie. My man het wel. Ons het lank nie daaroor gepraat nie. Sy't gevoel ek het haar tweede gestel. Daar het tyd gekom wat ons toe wel daaroor gepraat het. Sy't verstaan. Daarna maak ons punt daarvan om as iets pla so gou moontlik te bespreek. Openlikheid en eerlikheid. Dit het ons baie nader aan mekaar gebring

Antwoord 3: Onvoorwaardelike liefde is nommer een. Jy kan enige iets deel en sal nooit veroordeel word nie. Moet vrymoedigheid teenoor mekaar he. Maak tyd om met mekaar te praat. Al is dit oor foon. Maak tyd om lekker goed te doen, al is dit piekniek onder boom. Moet nooit dat daar gras oor goed groei wat nie uitgepraat en opgelos is nie. Bid vir mekaar en wees daar vir mekaar. Tyd is kosbaar