Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Martie Rossouw

Martie Rossouw

Dorp: Marquard

Antwoord 1: Retha is my pasella kind. Sy is al so lank deel van ons lewe dat sy vir my moeder se. Sy en Jalani en Martinette noem mekaar sussa. Dis vir my baie kosbaar. Van haar eerste kind se geboorte, wat nou self binne maand geboorte skenk aan Milea, en wat van my jonge ouma grootjie maak. Tot Jessica se geboorte wat nou in gr 12 is, het sy maar ook my kind geword toe haar ma haar nie wou he agv haar swangerskap nie. Ek't voorreg gehad om haar eerste rok, haar aannemingsrok, haar matriekafskeidsrok en trourok te maak as ek reg onthou. Ek was nou betrokke by die kerk se jeug en mimiekspan. Sy was ook altyd betrokke selfs toe sy volwasse was het sy van Benoni af Sundra toe gery om jeugleier te wees. Retha kind is baie betrokke in my lewe. Voel instinktief aan as ek siek is of af is. Sy sal dan gereeld bel en opvolg hoe dit nou gaan net haar moeder oos sy se. Sy probeer op 42 haar graad kry en ek ondersteun haar ten volle. Om enkelouer te wees is nie maklik nie, maar dis lekker om daar te wees vir haar. Soos sy vir my is. Sy sal altyd vra hoe dit met bouery van woonstelle en ons huis in Pretoria gaan. Ek doen maar meeste van werk self met bietjie hulp. My man kan nie, hyt 4 vervangings en rugoperasie in 4 Jaar gehad. Ons ondersteun mekaar geweldig. Marquard is ver maar sy sal altyd 2x per Jaar kom kuier. Sy sal ook nooit verby ry Kaap toe sonder om te kom kuier nie. Sy deel al haar hartsgeheime van verlange na ware liefde, kommer of blywees oor kinders eerste met my. Dis werklik voorreg om haar as dogter in my huis te Kon aanvaar. Ons het mekaar onvoorwaardelike lief. Dis my rabedoe kind wat ook van kaal voet loop hou Soos haar moeder. Wat nie kan wag vir my kos en wortelkoek en drukkies nie. Sy kom sit ook nog op my skoot Soos Martinette. Retha met haar omgee hart, geloof en vertroue. Haar ondersteuning van haar twee dogters laat my dink aan hul grootword jare. Sy se dis waar Sy geleer het om 'n moeder te wees. Dit beteken vir my baie. Haar hokkie speel en empire om geld in te samel sodat Jessica wat gekies is vir hokkie span om in Nederland te gaan deelneem te kan betaal. Haar deurstettingsvermoe en opstaan na elke cal is goed wat ons naby mekaar hou en vasanker. So het elke kind iets van ons saamwees en leer deur jare in hul menswees vasgevang. Dis voorwaar voorreg om hul moeder te wees.

Antwoord 2: Retha het al harde bene in die lewe gekou. Maar dit het nog nooit ooit ons verhouding nie laat groei nie. As sy se my man het my dogter gemolesteer en huil. Dan se ek kom huis toe jy het 'n huis. Dan begin ons van vooraf haar wonde verbind om gesond te word en weer op te staan.

Antwoord 3: Wees daar vir mekaar. Almal maak foute. Maar verdien telkens nog 'n kans. Vergewe elke keer en los die verlede in die verlede. Wees onvoorwaardelike lief. Aanvaar mekaar net soos jy is. Daar hoef nooit voorgee te wees nie. Wees net wie jy is by my. En ek sal wees wie ek is by jou. Ja ek is streng maar enige kind het grense nodig om veilig te voel.