
Dorp: Joburg
Antwoord 1: My en my ma se verhouding is spesiaal omdat sy altyd my veilige plek is , iemand wat sonder oordeel luister, my ondersteun in elke fase van my lewe, en my liefhet selfs op my swakste dae. Sy ken my hart, my drome en my vrese, en staan altyd langs my, maak nie saak wat nie. Haar liefde is my fondasie 🤍
Antwoord 2: Ons storie is nie maklik nie, maar dis presies hoekom my en my ma se verhouding so besonders is. My pa was siek en ’n alkoholis wat elke dag gedrink het. Hy het sy werk verloor, dinge het baie swaar gegaan, en deur dit alles moes my ma sterk bly — selfs wanneer sy eintlik gebreek was. Ek het die geleentheid gekry om oorsee te gaan werk by Etihad en was vir drie jaar weg. Dit was ’n ongelooflike ervaring, maar ek het met my hele hart gewens my ma kon daar wees. Sy kon nie — sy moes na my pa en hulle huis kyk, en verlof was net nie moontlik nie. Ons het soms net een dag saam gehad wanneer ek huis toe gevlieg het, en dan moes ek weer terug. Ons kon nie ’n dag gaan sonder om te praat nie — oproepe, boodskappe, foto’s. Ek kon die verlange in haar oë sien, en sy kon dit in myne sien. Daar was trane aan albei kante. Ek het net gewens ek kon haar saamvat, weg van al die hartseer en moegheid. Toe kom die oproep van my ma — my pa is oorlede. My boetie het hom in die garage gekry. ’n Paar maande later is my oupa ook oorlede. Dit het haar gebreek. Om haar so te sien ly, was vir my ondraaglik. Dit het vir my al hoe moeiliker geword om weg te bly, en ek het toe die besluit geneem om terug te kom huis toe — om daar te wees vir haar. Van daardie dag af het ons verhouding net sterker geword. Sy is my rots, my steunpilaar, en die sterkste vrou wat ek ken. 🤍
Antwoord 3: Aan ander ma’s: Moet nooit onderskat hoe diep jou liefde, opoffering en teenwoordigheid jou kind raak nie — selfs wanneer jy voel jy doen nie genoeg nie. Bly sag, bly sterk, en wees net daar. Jou kind onthou nie perfekte dae nie, maar die manier waarop jy hulle laat voel het: veilig, gesien en geliefd. 🤍 Vir dogters: Moet nooit wag om jou ma te sê hoe lief jy haar het nie. Koester haar, wees geduldig met haar menswees, en onthou — sy dra meer as wat sy ooit hardop sal sê. Hou haar hand vas terwyl jy kan. 🤍