Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Nicole Bisschoff

Nicole Bisschoff

Dorp: Gordons Bay

Antwoord 1: Ons is nie net ma en dogter nie, ons is ook beste vriendinne (maar daar is tog die nodige wedersydse respek vir mekaar en elkeen se rol in die dinamiek) Ons kan vir mekaar enigiets vertel en ons weet dit is sonder oordeel. Ons probeer nie mekaar verander nie. Ons bou mekaar op. Dit is deur klein dingetjies te doen en te sê. Ons ondersteun mekaar in elkeen se projekte, sport, studies en passies. Ons is mekaar se grootste "cheerleaders" . Ek het seker gemaak ek mis nooit a netbal westryd, dans kompetiesie, prysuitdeling of partytjie nie. Ek was basies soos 'n enkelma aangesien my man weg gewerk het in die Congo en slegs 4 keer per jaar huistoe gekom het. Dit het bygedra dat my dogter baie gou groot en volwasse moet word. Op 'n manier het sy nie normale kinderjare gehad soos ander nie en haar volwassenheid het defintief na ons band as vriendinne en vertroueling, bygedra. Ons deel 'n hart, en siel. Sy is my alles en ek sal alles opoffer om haar gelukkig te sien en sy het al deur haar aksies vir my bewys dat sy dieselfde vir my sal doen.

Antwoord 2: Ons is deur meer verlies as wat enigiemand moet deurmaak. Ons is 'n klein familie, ek en my man en dogter was enigste kinders. Beide my skoonouers is in 2020 dood weens Covid. 'n Jaar later is my ma oorlede in haar slaap (ook komplikasie van Covid) en 2 jaar later is my man en haar pa oorlede deur 'n bloedklont wat na sy hart geskiet het. Hy was op die stadium in Congo. Dit was die verskriklikste dag van my lewe en nog erger toe ek vir haar moes wakker maak om die nuus te deel. Sy was aan die einde van graad 10. Graad 11 was moeilik. Vir die eerste 4 maande was ek letterlik a zombie en het net in my bed gelê en basies onttrek van die lewe. Danielle moes rol oorgeneem het van ma, sy het na my gekyk, kos aanlyn gekoop, na die honde gekyk, self by die skool uitgekom en deur alles het sy A gemiddeld gekry, sy het akademiese erekleure gekry en ek kon nie minder trots op haar wees nie. Ek het toe 'n bietjie reggekom deur hulp te soek en toe het my dogter weer laagtes bereik. Toe was ek daar vir haar. Toe breek Matreikjaar aan. Dit was 'n moeilike jaar, maar ons het albei sterk deur dit gekom en die jaar op 'n hoë noot geeindig. Haar 18e verjaarsdag was in Januarie en dit was weereens 'n mylsteen wat haar pa gemis het, sy moes motor leer bestuur en ek moes op my eie vir haar a motor soek en ek moes toe dit op my eie vir haar gegee het, ons moes kyk na waar sy wou aansoek doen na hoerskool en of ons dit sou kon bekostig het sonder 'n vaste inkomste. Matriek afskeid, laaste dag van skool en die finale eksamen was nog hoofstukke wat ons alleen deur moes gegaan het, maar ons spesiale band het die moeilike tye, makliker gemaak. Om dit alleen saam met haar deur te maak was moeilik maar omdat sy so sterk was het ek haar bygestaan met alles wat ek het. Ons was heeltemal alleen en het krag uit mekaar gekry en ons het nou so 'n sterk onbreekbare band. Ons unieke band is bewyse dat die slegte tye, beter kan raak.

Antwoord 3: Dis eenvoudig. Wees daar vir mekaar, sonder oordeel. Respekteer mekaar en wees eerlik ten alle tye. Julle moet vir mekaar enigiets kan vertel. Skep ruimte vir mekaar en moenie iets forseer nie, as die tyd reg is sal die ander ene vir jou vertel wat aangaan en dan vind julle saam 'n oplossing. Na alles wat ons twee deur is is ons mekaar se veilige hawens en ons is bewys dat diep hartseer en verlies 'n mens bind op 'n manier wat niemand anders kan verstaan nie. As ons besef ons is in 'n donker gat, dan is die ander een daar om jou uit te trek. Te motiveer, net daar te wees, en te bemoedig. Doen dinge saam. Ons is gelukkig dat ons albei "girlie girls" is en hou van dieslefde dinge en as ek iewers kon wees is dit op a date met my pragtige pop (of dit nou ;n series is op netflix, na a show gaan kyk of retail therapy, Ons kan nie ons lewens sonder mekaar indink nie.