
Dorp: Krugersdorp
Antwoord 1: My ma is meer as net my ma, sy is ma, beste vriendin, vertroueling, steunpilaar, staatmaker, onbaatsugtig, mooi hart, liefdevol, een in haar soort,, dis my ma! Ek bemin my ma, dit was nooit maklik vir haar vanaf die 1ste dag wat sy uitgevind het sy is swanger nie, sy was self nog ñ kind, net 17 jaar oud. Sy het my nog altyd 1ste gestel, net die beste vir my probeer doen en gee. Selfs vandag nog waar ek al 38 jaar oud is sal my haar self te nakom vir my en haar kleinkinders! Ons kan oor alles praat, ek kan alles met haar deel, sy is altyd daar! Sy verdien net die mooi tog het die lewe haar hard en stief behandel. My ma moes meer male haarself altyd agter gesit het net om seker te maak almal om haar is ok, sodoende het haar lewe heeltemal tot stilstand gekom. As sy dinge kon anders doen sou sy verseker ook liefde wou vind maar asgevolg van wat sy vir my en ander gedoen het het daardie geleenthede om moontlik liefde te vind haar verby gegaan. Sy was bereid om haar geluk op te offer vir my en seker te maak ek is ok! Sy is in alles wat sy doen onbaatsugtig en stel my altyd 1ste! Sy het die mooiste omgee hart en beslis ñ rots en anker vir my gewees en is nogsteeds! Ek kon nie vir ñ beter mama gevra het nie! Sy verdien net di mooi in die lewe!
Antwoord 2: Ek kan boekdele hieroor skryf...daar is so baie wat ons al saam deur gemaak het, goed en sleg! My ma was ñ enkel ouer. Vir die kerk was dit daai jare verskriklik erg en wou hul haar net weg gestuur het, vandag is ek dankbaar vir my ouma en oupa wat altyd daar was vir ons, hulle het my eintlik help groot maak! Finansieël het ons dalk nie altyd gehad wat ons wou hê nie, maar mama se liefde vir my was altyd genoeg gewees en onvoorwaardelik! Ek is op ouderdom 19 getroud en kort daarna is my 1ste seuntjie gebore. Weereens was mama daar, enige tyd..dag of nag! Sy het seker gemaak Ethan het alles wat hy nodig gehad het. Gedurende my 1ste huwelik was daar emosionele en verbale "abuse". Baie keer moes ek noodgedwonge op my ma se knoppie druk om vir my en my kind huisvesting gee, weereens het my ma nooit gehuiwer om dit te doen nie ongeag haar eie battles. Dit maak van haar ñ merkwaardige asook yster vrou!! Vir haar het dit nooit gegaan oor dit waarmee sy self gestruwel het nie maar eerder oor my, haar kleinkind en asof ons ok is. Ons het baie male saam gesit, gelag, gehuil en gebid! Ek as volwasse vrou het altyd as ek met mama praat na haar raad geluister en veilig gevoel saam met haar. Omdat ek haar hart ken weet ek dat sy haar lewe vir sal opoffer. Kyk ek vandag terug na wat ons alles saam deur gemaak het kan ek steeds nie glo dat sy nooit verander het nie, dat sy ñ ma gebly het met liefde, integriteit, ñ hart van goud en die lewe elke dag tegemoed loop en dit hanteer asof daar niks fout is nie. Ek bid dat jul die inskrywing goedgunstig sal vind, sy het al soveel van haarself opgeoffer dat dit tyd geword het vir haar om ook spesiaal behandel te word en te voel. Ek weet dat mama in die proses met tye as gevolg van wat gebeur het baie mismoedig moes raak en ook ñ groot deel van haar menswaardigeid moes inboet omdat sy my ten alle tye 1ste gestel waarvoor ek ongelooflik danbkaar is. Om in aanmerking te kom vir die kompetisie asook dit te kan wen sal baie beslis vir my ñ groot bonus wees en dit sal ook help om vir mama te laat besef wat sy vir my is en beteken. Seker daarvan dat dit ñ groot deel van haar menswaardigeid en vrou wees sal terug bring. Hierdie sal so baie spesiaal wees vir my en haar!!!
Antwoord 3: As ek na sommige ma's en dogter verhoudings kyk maak dit my ongelooflik hartseer omdat ek weet dat daar geen verhouding tussen hul is nie en dat ek dit wat ek en my ma het weereens so spesiaal ag en vir hul ook wil hê! My raad aan ander sal wees dat ongeag waar jy in jou lewe is jou verhouding met jou ma nogsteeds gekoester word. Wat my en my ma se verhouding nog meer spesiaal maak en wat ek graag sal wil hê ander moet weet is dat daar altyd tyd gemaak word net om te sit, ñ koppie koffie en soms ook sommer net ñ ontbyt saam te geniet en te gesels oor dit wat in my lewe aangaan asook om uit te vind wat in mama se lewe aangaan. Ons verhouding is nog altyd gebou op, eerlikheid, omgee en liefde. Daar was nooit enige verwyte van my ma se kant af oor foute wat ek gemaak het nie, inteendeel daar was net empatie, liefde en ondersteuning! Soos in die Bybel met verwysing na Spreuke 31, dit is verseker die beste beskrywing en samevatting van wie my ma is!