Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Leandi Ocallaghan Leandi

Leandi Ocallaghan Leandi

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: My mamma is my beste vriendin, my grootste "fan" en my grootste ondersteuning. Ons verhouding is so spesiaal omdat ons mekaar waardeer, mekaar bemoedig en die grootste een mekaar so baie lief het, liefde oorwin alles. Ons koffie en wortelkoek dates, ons laaaaaaang voicenotes haha!! Toe ek jonger was en almal sé jy lyk nes jou ma of jy is lekker laf net soos jou ma dan het ek net so giggel in gewerk, maar as ek in die spieël kyk sien ek my ma in myself en watter voorreg is dit nie

Antwoord 2: So nadat my ouers geskei het, het my mamma Kaap toe getrek en dit was vir my baie erg en emosioneel. Ons kon nie meer so baie mekaar sien nie en dit was baie moeilike tyd, maar toe sy terug trek toe het ek en sy na paar verlore jare in gehaal, en ons het besluit om mekaar eerste te sit. Toe ek self 'n mamma geword het en ek sien hoe awesome ouma my ma is vir ons kinders het ek net besef mens moet nie mense judge oor besluite nie maar mekaar vergewe en lief hê

Antwoord 3: Elke ma en dogter verhouding uniek en spesiaal, maar raad of eerder wenke wat ons sou voorstel is: Aanvaar mekaar net soos jy is, met jou goeie en slegte geite Wees ALTYD daar vir mekaar Wees lief vir mekaar en wys dit Wees eerlik en opreg met mekaar Ondersteun mekaar, veral wanneer die ander een deur iets moeilik gaan En grootste van alles is MAAK TYD vir mekaar en kwaliteit tyd!