Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Lucinda Cronje

Lucinda Cronje

Dorp: Springs

Antwoord 1: Dianna is my enigste biologiese dogter uit my eerste huwelik. Sy was ‘n huilende baba wat aan my geklou het soos ‘n apie. Ek was altyd baie geduldig met haar en dankbaar dat sy heeltyd by my wou wees. My ouers woon in die Oos-Kaap en ons in Gauteng. Ek en my eerste man is geskei toe sy maar 16maande oud was. Ons was alleen en slegs die hulp van ons liefdevolle oppasser, Emily, gehad. Ons was onafskeidbaar en vandag word sy al amper 14 jaar oud en die band is net sterker!

Antwoord 2: Dianna se pappa het in 2022 selfmoord gepleeg en dit was regtig die moeilikste ding wat ek ooit aan my dogter moes oordra. Gelukkig het ek en sy ‘n baie goeie verhouding met haar pa se ouers wat in die Kaap woon. Ek kon saam haar die band, kommunikasie en kuiers behou. Ek is ‘n onderwyseres by ‘n Laerskool en het die voorreg gehad om vir 8 jaar saam my dogter by dieselfde skool te wees. Vanjaar het sy egter met Hoërskool begin en sjoe, ons verlang vreeslik na mekaar!

Antwoord 3: Al woon my mamma ver, het ek self ‘n ongelooflike band en verhouding met haar. Ek glo die geheim is respek vir mekaar en onvoorwaardelike liefde. Ondersteun en moedig mekaar aan. Ek maak ‘n punt daarvan om gereeld tyd te maak vir my en my dogter se spesiale koffie en quiche kuiers by ons gunsteling koffiewinkel.