
Dorp: Ceres
Antwoord 1: 🩷Baie genade! 🩷Baie gebed! Baie lag tussen deur.... My ma is oorlede toe ek 3 jaar was, my gebed / begeerte was om ten volle teenwoordig te wees vir my dogter (kinders). Met besig wees van die lewe besef ons ook hoe kosbaar is elke oomblik. Ons het verseker ook nader aan mekaar gekom toe my dogter gaan studeer het en besef het die waarde van haar ouers / ouer huis.
Antwoord 2: My dogter is op skool deur ń moelike kwartaal, asook haar eerste semester in Stellenbosch was ń groot aanpassing. Ek dink dan sien (waardeer) elke kind hul ouers se omgee, daar wees en gebede.
Antwoord 3: 🩷Bid saam. 🩷Baie kommunikasie. 🩷Luister na mekaar. 🩷Lag saam. 🩷Hê pret saam. 🩷Oefen saam. 🩷Respekteer mekaar.