Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Charlene Venter

Charlene Venter

Dorp: Parys

Antwoord 1: Goeie dag Rooi Rose Charlene Angeline is n pragtige 7jarige dogtertjie wat in September verjaar en dan 8 word. Sys ongelooflik sprankelend, gesels vreeslik en baie mooi hartjie. Wat haar en my spesiaal maak is dat dit vir my so groot voorreg is om haar mamma te kan wees. Ons spesiale oomblikke is wanneer sy my hare vleg, of ons moet face mask, ons moet saam speel, saam swem, saam elke liewe dingetjie moet saam aangepak word. Sodra sy opgelaai word vanaf skool word alles in detail vertel van haar dag. Ek vra elke dag hoe dit was en vra wat sy gemaak het, ek as mamma wys baie belangstelling in haar daaglikse aktiwiteite. Elke aand moet ons saam bid en die kind het so sagte hartjie as dit kom by mense op straat. Ons moet altyd geldji gee of sy sal haar snoepie geld vat en vir iemand op straat gee. Sy sal my net so kyk en se mamma "eks lief vir jou" . Ons lag ook baie saam.

Antwoord 2: Charlene is nog klein so die minder goeie tye is nog nie n werklikheid waar tiener stadium in kom nie maar wel het ons defnitief al challenges gehad waar goed gese word vir haar dat sy vet is of kinders wat haar baie af breuk en dit is vir my baie hartseer en maak n mamma se hart stukkend maar ek leer haar om op te staan want eks deur hel in my lewe al oor skool tye wat ek afgebreuk is en dat ook regte maats baie belangrik is om te kies in jou lewe, so die raad wat ek probeer gee en bystand is vir my belangrik dat sy van kleins af weet wat reg is en wat belangrik is. Ek leer haar dat ons is menslik en maak baie foute en dat sy wel baie foute nog gaan maak, maar dat sy eerlik kan praat en weet ek sal haar altyd help. Ek het eintlik so baie om te se maar ek hoop ons kan ons storie verder deel.

Antwoord 3: Defnitief openlike gesprekke van klein af sodat as hulle vra vraw dat hulle weet jy sal luister en raad gee veral terwyl hulle so klein is. Respek tussen mekaar is net so belangrik en om n rol model te wees vir jou kind is ook belangrik. Ek kan dan defnitief ook se dat belangstelling in jou kind se lewe is so belangrik ook hulle waardeer dit baie. Liefde en omgee, eerlikheid en vertroue is wat n verhouding tussen n Ma en Dogtertjie sterk maak en spesiaal maak.