Dit is nie sommer net nog ’n kompetisie nie. Dit is die eerste keer dat skoonheids- en welstandstoekennings van hierdie omvang eksklusief in Afrikaans in rooi rose aangebied word. Ons vier die innovasie, gehalte en passie van produkte wat vroue help om op hul heel beste te lyk en te voel.
Laat jou produk skitter
Is jou produk die geheime wapen in duisende vroue se daaglikse roetine? Of dit nou ’n deurbraak in velsorg, luukse grimering, of ’n noodsaaklike welstandsproduk is, ons wil daarvan weet. Deelnemers word nou genooi om hul produkte in te skryf vir ’n kans om daardie gesogte rooi rose-stempel van gehalte te verower. Om te wen, beteken nie net erkenning in die bedryf nie, maar ook direkte blootstelling aan ’n lojale gemeenskap van lesers wat waarde heg aan uitnemendheid.
Sewe kenners, een doel
Om te verseker dat slegs die heel beste produkte bekroon word, het ons ’n gedugte paneel van sewe beoordelaars saamgestel. Hierdie spesialiste, elkeen ’n leier in hul onderskeie velde binne die skoonheids- en welstandbedryf, sal die beoordeling met die grootste sorg en integriteit hanteer. Van wetenskaplike formulering tot praktiese resultate – elke aspek sal onder die vergrootglas geplaas word.
Moenie hierdie kans misloop nie
As jy glo dat jou produk die standaard stel vir skoonheid en welstand in Suid-Afrika, is dit tyd om na vore te tree.
Inskrywings is nou oop! Klik hier vir meer besonderhede en laat jou produk die erkenning kry wat dit verdien.
Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Maart-uitgawe móét lees!



