kategorieë: Nuut & NouKos

Pynappel-en-rooi-soetrissie hoendersosaties

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

  • 4 hoenderborsies in blokkies gesny (gebruik 1 borsie per sosatie)
  • 1 vars pynappel, geskil en in blokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 1 medium rooi-ui, in blokkies gesny
  • olyfolie
  • paprika
  • origanum
  • cajun-speserye
  • heuning
  • sesamsaad
  • vars kruie vir garnering

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Week die sosatiestokkies in water vir ongeveer ’n uur om te voorkom dat dit brand.
  2. Maak die hoenderblokkies vooraf gaar sonder enige sout of kruie.
  3. Ryg dan die hoender, pynappel, soetrissie en ui op die stokkies.
  4. Meng dan die marinade as volg (gebruik ’n platboom bak sodat sosaties in die marinade gerol kan word):
  • 4 eetlepels heuning
  • 1 teelepel paprika
  • 1 teelepel cajun-speserye
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel peper

5. Voeg 4-6 eetlepels warm water by sodat die heuning kan smelt

6. Verhit ’n riffelpan met ’n bietjie olyfolie.

7. Bedek die sosatie met die marinade deur dit in die sous te rol totdat alle kante bedek is en braai in pan vir omtrent een minuut aan elke kant, terwyl dit met die origanum en sesamsaad besprinkel word.

8. Garneer met vars kruie en bedien dadelik.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.