kategorieë: WenkeMode

Juwele van goud of silwer: Wat sal die beste by my lyk?

Watter kleur metaal om te dra, is tradisioneel deur die ondertone van ‘n mens se velkleur bepaal: Goue juwele komplementeer warmer ondertone terwyl silwerjuwele beter by koeler ondertone pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit word deesdae nie as só belangrik beskou nie en jy kan sulke “stylreëls” oortree soos jy wil, maar as jy nie ‘n duidelike voorkeur het nie, is dit dalk ‘n goeie idee om te kyk wat die beste by jou pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nuuskierig? Lees verder om te sien wat Karlien Meiring hieroor uitgevind het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe vind jy uit watter ondertoon jou vel het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou hare

Jou natuurlike haarkleur dui dikwels aan watter ondertoon jou vel het. Koel haarkleure soos grys, asblond, bruin sonder rooi skakerings en swart met ‘n blou tint, dui gewoonlik daarop dat silwer perfek vir jou is. Warm haarkleure soos goudblond, kopertone en rooierige bruin wys daarop dat jy ‘n warm gelaat het en in goud sal skitter.

Jou klerekas

Die kleure in jou klerekas sê ook baie oor die kleur van die juweliersware wat daarmee saamgaan. As jou klerekas uit warm kleure bestaan ​​(rooi, geel, bruin, beige) dan het jy waarskynlik ‘n warm ondertoon. As jy meer koeler skakerings in jou klerekas het (blou, pers, pienk) dan sal silwer waarskynlik beter by jou pas. As jou klerekas te bont is om hieruit sin te maak, dink bietjie aan jou klere se kleure waarop jy gewoonlik die meeste komplimente kry. Daar’s ’n rede hoekom jy gewoonlik meer aandag in daardie blou toppie trek …

As jy juweliersware as geskenk vir iemand kies en jy is nie seker watter metaal om te kies nie, is hierdie ook ‘n goeie wenk. Hou dop watter kleure jou geskenkontvanger geneig is om te dra.

Jou are

Dit klink dalk ‘n bietjie vreemd, maar jy kan ook die ondertoon van jou vel herken deur na die kleur van jou are te kyk. Blou are beteken jou vel het ’n koel ondertoon en silwer juwele is die mooiste by jou. Groener are? Dan het jy waarskynlik ’n warm ondertoon en goue juweliersware sal beter pas. Is die kleur van jou are iets tussenin? Gelukkige jy! Jy kan goue én silwer juweliersware dra.

Juwele in roosgoud of wat koperkleurig is, is ook altyd ‘n opsie en is geneig om goed by die meeste mense te lyk. Dit sal ‘n paar pragtige en onverwagse kleure by jou juwelierswareversameling voeg.

Terwyl jou gelaat die beste manier is om te bepaal watter juweliersware by jou werk, is dié denkwyse aan die verander. Stiliste sê deesdae dat daar niks mee verkeerd  om metale te meng nie. Jy kan dus self besluit om silwer én goud te dra.

Wat jy uiteindelik kies om te dra, moet van jou persoonlike voorkeur en begroting afhang. Dra waarvan jy hou en wat jou gelukkig maak!

Hooffoto: Sama Hosseini vir Unsplash

Lees ook: 7 maniere om luuks te lyk sonder om te veel geld te bestee

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.