Hierdie wenk is bo-aan ons lysie. As klere nie jou regte grootte is nie, is dit genoeg om jou hele voorkoms in die steek te laat. Koop klere wat lyk asof dit vir jóú gemaak is. As jy onseker is oor wat jou grootte of lyfvorm is, vra ’n winkelklerk vir hulp. Verstel klere wat te groot is of vormloos om jou hang. Maak belde jou beste vriendin – bind dit om ’n rok, jas of lospassende bloes sodat jy kurwes by jou heupe en middel skep.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Hierdie truuk het die vermoë om enige item soos ’n ontwerpersitem te laat lyk. Speel self ontwerper en verruil jou baadjie of winskopie-jas se eenvoudige knope vir buitegewones. Daar is slegs een goue reël: Hou by een soort knoop per item.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Ons het almal ’n gunstelingkleur wat ons klerekas oorheers, maar daar is iets omtrent aardse kleure (kameelkleur, vuilpienk of roomkleur) wat ’n duursame illusie skep. Ander kleurtemas is onder meer juweelklere soos smaraggroen, wynrooi en tanzanietblou wat staatmakers is vir ’n stylvolle voorkoms. Swart bly natuurlik altyd ’n verstekkleur, maar wees versigting vir verskillende skakerings daarvan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hierdie wenk geld vir jou bykomstighede én jou klere. Minder is meer en ook stylvoller. Dra slegs een fokusitem per uitrusting, maar as jy twyfel, hou eerder jou bykomstighede klassiek met diamant-oorbelle en ’n bypassende kettinghalssnoer.
Verminder een daaglikse bekommernis: bly weg van materiale wat kreukel. Gekreukelde klere laat jou voorkoms dadelik meer slordig lyk. Katoen en satyn is materiale waarvoor jy versigtig moet wees. Koop eerder klere wat hoofsaaklik uit materiale soos polyester, wol, krimpelien en sy bestaan om elke dag op ’n gladde noot af te sluit.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.