kategorieë: Blogs

Kasteelkoors

Wys my ‘n prentjie van ‘n Middeleeuse kasteel, en ek vergeet daar en dan van die wolkekrabberstad waarin ek woon. Ek sien taferele van boomryke landskappe met eeue-oue torings, mense in mantels wat op keisteenstraatjies kom en gaan, en perderuiters wat oor valbrûe dawer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat is dit omtrent prinsesse met golwende hare en dromerige oë, ridders met swaarde (met mistieke name) aan die sy, en lanstoernooie wat my verbeelding aangryp?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek weet die Jungiane reken argetipes soos ‘n aartsmoeder of ‘n wyse man speel ‘n belangrike rol op ons lewensreis. Hulle verduidelik dat sprokies ons met hierdie argetipes voed. Argetipes of te not: van kleins af was ek ‘n sprokiesboekvraat, en het ek my verkyk aan swane op gragte, eindelose wenteltrappe, en die lieflike tabberd waarin Doringrosie ‘n honderd jaar lank vir haar prins moes lê en wag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My fassinering met die Middeleeue is deels my pa se skuld. Toe ek as vierjarige gelukkig genoeg was om met my gesin in Europa te reis, het hy my oortuig die Neuschwanstein-kasteel in Beiere is Doringrosie s’n. Ek het tydens ons begeleide toer ongeduldig aan sy hand bly rem, vas onder die indruk dat ons om die volgende hoekie op die Slapende Skone sou afkom.

Eintlik behoort ‘n mens jou beheptheid met die Middeleeue nie wyd en syd te verkondig nie. Jy bevind jou nie noodwendig in goeie geselskap nie. “Mal” Koning Ludwig II, wat hierdie kasteel in die 19e eeu gebou het om sy eie “Middeleeuse” bestaan te voer, sal tien teen een deurgaan as ‘n geesgenoot en dit kan vraagtekens oor jou emosionele gesondheid laat ontstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tog wonder ek. As ek ‘n oortuigende replika van ‘n goue bal kan kry, en ‘n uur of twee in ’n tuin met ‘n put daarmee kan gaan speel …?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.