Vat ’n slukkie van die wyn – trek dit deur jou tande oor jou tong en skommel dit in jou mond rond (moenie bekommerd wees nie, dit beïndruk mense eindeloos, al klink dit soms aardig).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Sluk die wyn af en blaas liggies deur jou neus. Dit sal jou help om dit wat jy op jou tong opgetel het, ook op die neus te ervaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Kyk nadenkend op (of af) en maak intelligente klanke soos “mmmm”.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Vra jouself af:
Hoe voel die wyn op jou tong? Is die wyn “swaar” of “lig”, voel dit sag en rond, of ervaar jy dit as skerp?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }JOU OPMERKING: ’n Volronde, robuuste wyn, (rooiwyn) / die wyn is lig en kraakvars op die tong (witwyn).
Ervaar jy die wyn as soet of droog (indien jy ’n witwyn proe)? Daar behoort altyd ’n balans tussen die suiker en asiditeit (suur) in die wyn te wees, selfs in ’n natuurlike soetwyn. Asiditeit word aan die sykante van die tong ervaar en mense verwar dit soms met tannien. JOU OPMERKING: Die suurgehalte is te hoog na my smaak / goed gebalanseer.
Ervaar jy baie tannien op jou tong (indien jy ’n rooiwyn proe)? Dit sal jou tong en mond droog laat voel.
JOU OPMERKING: Die wyn is gestruktureerd – lekker stewige tannien / die tannien oorheers die wyn, maar sal met verloop van tyd verbeter.
Is die wyn gehout? (vir witwyn proe), of tel jy die eikehout in ’n rooiwyn op?
JOU OPMERKING: Sagte eikehoutondertone op die palet.
Het die wyn ’n lang nasmaak, of verdwyn dit op jou tong? JOU OPMERKING: Die wyn het ’n talmende nasmaak / ’n elegante wyn met lengte.
5 gesonde redes om rooiwyn te drink
1 In die jare tagtig het die Wêreldgesondheidsorganisasie bevind dat die Franse, ondanks hul ryk eetgewoontes, die laagste sterftesyfer aan hartsiektes in die Westerse wêreld het. Dit staan bekend as die “Franse Paradoks” en word toegeskryf aan die Franse se rojale gebruik van rooiwyn.
3 Rooiwyn bevat ’n verskeidenheid antioksidante soos resveratrol wat volgens navorsers kanker sowel as kardiovaskulêre siektes kan voorkom, en ook ’n anti-inflammatoriese effek het.
4 Volgens die Universiteit van Virginia vernietig wyn wat saam met ete geniet word, sommer terselfdertyd enige bakterieë wat met voedselvergiftiging verbind word.
5 Navorsing dui ook daarop dat die alkohol in rooiwyn tot die vermindering van bloedklonte en die verslapping van bloedvate kan lei.
Lees ook: Nuwe verouderde vonkelwyn vir Spier
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.