Die belangrikste beginsel van Banting is om koolhidrate te beperk. As jy gewig wil verloor moet jy mik vir 20 g koolhidrate per dag; as jy jou gewig wil handhaaf is 50-100 g reg vir die meeste mense. Dit hang af van jou lewenstyl en metabolisme.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Maar dit gebeur mos keer op keer dat ’n ete by vriende of ’n feestelike restaurant-ete propvol koolhidrate is en al jou tellings omvergooi. Dan het jy twee keuses: óf jy kul óf jy sit droëbek en teug aan jou botteltjie water … tensy jy weet wat jy kan kies sodat jy gesellig en tog binne jou dieet bly.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ons het hierdie lys van algemene kosse met hul koolhidraatwaardes opgestel. Om dit ’n lekker uitdaging vir Banters te maak, kan jy hierdie items in volgorde van minste koolhidrate (en dus die beste keuse as jy bant) tot meeste koolhidrate rangskik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die regte volgorde is onderaan die artikel, as jy direk daarheen wil beweeg.
Ons het Die Banting Sakgids (R140, beskikbaar by die meeste boekwinkels) as bron gebruik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Sluit die kosse wat jy die graagste eet die volgende in? Kyk of jy dit kan rangskik van die beste kos tot die slegste kos vir Banters.
Die hoofbeginsels waarop die Banting-dieet berus, is dat jy min koolhidrate eet. Koolhidrate skuil oral – nie net in brood, koek, lekkers, koeldranke en alles met baie suiker nie.
Dit is baie handig as jy die koolhidraattellings van ’n paar basiese kositems ken. As jy dus vinnig moet besluit, weet jy dadelik wat die beste keuses is.
Het jy klaar die items hierbo gerangskik? Kyk of jy reg is en maak gereed vir ’n paar lekker verrassings! Dit is baie lekker om te sien wat ’n mens alles sonder skade kan kies.
Die hoeveelheid koolhidrate in ’n tipiese porsie staan in hakies langs elkeen.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.