Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories met luuksheid en die weelderige partytjies van koninklike howe geassosieer, omrede dié duursame drankie as ’n status simbool beskou was. Hoewel die pragtige borrels een van vonkelwyn se beste eienskappe is, was dit in toeka se tyd ’n absolute faux pas in die Franse se wynmaakproses gewees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dié glips het as gevolg van ’n tweede fermenteringsproses ontstaan. Ná jare se verfyning het ’n Franse wynmaker die kuns van vonkelwyn-maak vervolmaak deur ’n matige-soet, borrelende, helder variasie van dié drankie te maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Suid-Afrikaners maak sedert 1659 wyn en ons wynmakers ken ’n ding of twee van hoe om wêreldklas vonkelwyn te produseer. Die Wes-Kaap se klimaat is soortgelyk aan dié van die wêreld se beste wynproduserende lande soos, Frankryk, Spanje en Italië. Dit is g’n wonder dat ons wyne by van die bestes in die wêreld kan kersvashou nie.
Hoewel baie mense nog na vonkelwyn as sjampanje verwys, is ’n streng wetgewing en handelsooreenkoms sedert 1992 in plek gestel wat vonkelwyn-produsente buite die Champagne-streek in die noorde van Frankryk verhoed om hul vonkelwyn “sjampanje” te noem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }In Suid-Afrika bestaan is daar twee metodes wat gebruik word om vonkelwyn te produseer, waarvan een die tradisionele Champagne-metode naboots. Die ander metode is ’n wel-bekende Italiaanse metode genaamd Charmant.
Onderskei tussen dié twee metodes deur na die fyn skrif op die etiket te verwys. Vonkelwyne wat deur die Champagne-metode geproduseer word, word as Methodé Cap Classique, oftewel MCC, geëtiketteer en die ander metode word bloot as “Vonkelwyn” geëtiketteer.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.