Ilse Louw van Blomstories sê vir haar familie is dit ’n geval van hoe meer siele hoe meer vreugde, en almal is welkom om Kersfees saam met hulle te vier. Dié ervaring het haar sekerlik gelei om ’n 2,2 m hoë Kersboom vir al die feesvieringe te bou! In Suid-Afrika vier ons Kersfees in die somerson en dit was die inspirasie vir haar boom. Sy het die allermooiste fynbos, aalwyne, bessies en proteas as versierings gebruik en met so ’n tikkie goud afgerond, want Kersfees vra mos vir ’n bietjie blink!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• www.facebook.com/blomstories
• 082 095 9222
Ons het besluit op ’n swart boom wat met hope sandrosies in verskillende skakerings versier word. Die sandrosies is gehard en hou lank en die inheemse boom is bekostigbaar. Die ster is uit aalwynblare geskep en die geskenkies met groenigheid versier wat by die tema pas. Om die boom in ’n woud te kon skep was die kersie op die koek.
• Topiary Creations www.topiary.co.za
Hermien Coetzee van Flowers in the Foyer het ’n Kersboom op ’n groot stuk materiaal gedruk as agtergrond vir ’n Adventkalender. Sy het 25 origami-dosies in verskillende vorms gevou en met roosgoud versier. In die dae voor Kersfees kry elke kind een van die geskenkies aan die boom. Die doek kan maklik na ’n vakansiebestemming vervoer word en weer en weer gebruik word.
• www.flowersinthefoyer.co.za
• 021 887 8138
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.