Bestanddele
- 1 hoeveelheid basiese tamatiesous (klik hier vir die resep)
- 4 groot rooi soetrissies, geskroei en skille afgetrek
- 2 rooi brandrissies, pitte en wit vliesies uitgekrap
Kitsfrikkadelle
- 10 ml (2 t) olyfolie
- 500 g (1 pak) geurige boerewors
- 250 g buffelmelk-mozzarella, in stukke geskeur
- ’n hand vol basiliekruidblaartjies
Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C
- Rooster die soetrissies tot sag en gaar. Haal uit en laat afkoel.
- Trek die harde skilletjies van die soetrissies af en verpulp met ’n stokmenger of in ’n voedselverwerker.
- Maak die tamatiesous soos langsaan beskryf en voeg die soetrissies by.
- Laat vir 10 min. oor lae hitte prut. Hou eenkant. Skep in ’n oondvaste pan.
- Knyp klein bolletjies uit die wors. Braai in die verhitte olie tot goudbruin.
- Skep die kitssfrikkadelle by die tamatiesous en pak die kaas tussen die frikkadelle.
- Bak vir 10 min. tot die kaas begin smelt.
- Haal uit, strooi die basiliekruid oor en sit warm saam met pasta voor.
