Klapper-en-lietsjie-roomys
Ingredients
- 2 x 565 g-blikkies lietsjies, gedreineer
- 1 x 400 ml-blik klapperroom
- 220 g (250 ml) strooisuiker
- 500 ml (2 k) dubbeldik- Griekse jogurt
- 250 ml (1 k) fyn klapper
Instructions
1 Verwerk die lietsjies en klapperroom saam tot glad.
2 Verhit die lietsjiemengsel en suiker vir 3-4 min. in ’n kastrol oor matige hitte, of tot die suiker opgelos is. Gooi die mengsel in ’n mengbak en laat heeltemal afkoel.
3 Roer die jogurt en klapper deur en gooi in ’n plat vlekvryestaal- of glasbak en sit in die yskas.
4 Gooi in die roomys-karring en karring tot dit verdik.
5 Gooi in ’n bak, bedek en vries oornag.
Rooi Rose
Lees Meer
Beste gesmelte kaasbroodjies
12/09/2024
Sjoko-Franse roosterbrood
11/09/2024