kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Koffietafel (voor en na)

Volg hierdie paar stappe om jou koffietafeltjie in iets modern te omskep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat benodig jy?

  • Tafeltjie
  • Muurpapier
  • Dala Construction Glue
  • Kwas
  • Vernis
  • Liniaal
  • Skêr
  • Skuurpapier
  • Ronde vilt-plakkers vir die pote se onderkante

Hier is die klein tafeltjie voordat ons met die projek begin het:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tafeltjie (vooraf)

Stappe

Stap 1
Meet jou tafel se oppervlak en meet dit dan op die agterkant van die muurpapier. Gebruik ’n potlood en liniaal om dit mooi volgens die mates uit te knip.

Benodighede

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Skinny Laminx-muurpapier

Stap 2
Gebruik nou maskeerband om jou tafelpote se bo- en onderkante te skei. Die boonste deel word dan met ligte grys geverf en die onderkant met wit. Hou vir veiligheid koerant onder sodat die verf nie drup of versprei as jy die onderkant van die poot verf nie.

Tafelpoot-verf

Stap 3
Skuur jou tafel effens sodat dit ’n growwe oppervlak het. Anders gaan jou muurpapier nie so maklik vasbly nie.

Skuurpapier

Stap 4
Draai die proppie van die gom af en druk ’n paar groot stukke gom op die tafel af. Verf die gom met ’n kwas sodat dit die hele oppervlak bedek.

Dala Construction glue

Verf die tafel met gom

Oppervlak (nadat dit met gom geverf is)

Stap 5
Neem die vel muurpapier en sit dit bo-op die gom-oppervlak. Met ’n liniaal kan jy nou die muurpapier egalig plat druk/skuur sodat daar geen plekke is waar die muurpapier oplig nie.

Muurpapier (korrekte grootte)

Stap 6
Vir die laaste stap moet jy die tafeltjie ’n lagie vernis gee. Dit sal verhoed dat dat daar permanente merke op die tafel oorbly (wanneer jy byvoorbeeld iets daarop mors, kan jy dit net met ’n nat lappie afvee). Wag twee dae sodat die vernis deeglik droog is. Onthou om jou kwas (waarmee jy die vernis geverf het), in terpentyn te was.

Stap 7
Gebruik vilt-plakkers vir die onderkant van die pote, om dit te beskerm.

Beskerm die poot

Nou is jou tafel klaar!

Tafeltjie (doen-dit-self)

Tafel (na)

Tafel (na)

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.