Kruie vir jou voete saamgestel deur Louis van Aswegen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
(Verdubbel die hoeveelheid kruie indien droë kruie gebruik word.)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Gooi die Engelse sout in die water, bind die kruie in ’n bondel met kombuistou en sit in die kookwater. Laat die water afkoel en week jou voete vir 20 minute daarin. Droog die voete goed af en masseer die voete met voetpoeier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Gebruik slegs gedroogde kruie. Maal die kruie tot ’n poeier in ’n koffiemaler. Meng al die bestanddele en sit in ’n droë, skoon houer. Gebruik op skoon, droë voete en masseer dit sagkens in die vel in, veral tussen die tone.
‘As my voete pyn, kan ek nie dink nie’ – Abraham Lincoln
Veelsydige laventel sal jou nooit in die steek laat nie en is een van die eerste kruie wat in ’n kruietuin geplant moet word. Die betroubaarste variëteite is Spaanse laventel (Lavandula stoechas), Franse laventel (Lavandula dentata) en die Engelse laventel (Lavandula intermedia Margaret Roberts). Spaanse en Franse laventel groei sowat 80 cm hoog en wyd en dra blomme aan kort stingels. Die Engelse laventel word tot 1,2 m hoog en het langer stingels. Laventel hou van baie son en komposryke grond. Plant die plante ver genoeg uit mekaar sodat hulle kan lug kry – dit verminder ook die vatbaarheid vir swamsiektes in die reënseisoen.
Laventel. Foto: pexels
Soet marjolein (Origanum majorana) streel oorwerkte voetspiere. Die skerp reuk is stimulerend en die essensiële olies het ’n antimikrobiese uitwerking wat ongewenste infeksies hokslaan. Sny die plante gereeld met minstens die helfte terug om nuwe groei aan te moedig. Bemes een keer per maand met organiese kunsmis.
Peperment (Mentha x peperita) gee energie en koel terselfdertyd warm, oorwerkte voete af. Die hoë konsentrasie essensiële olie maak dit onontbeerlik vir medisinale en helende terapie. Dié plante groei vinnig en kan maklik die tuin oorneem – plant hulle liefs in ’n houer waar hulle minstens vier uur per dag direkte sonlig kry. As hulle te welig groei, kan jy die stingels sowat 2 cm bo die grond afsny. Hou die blare in ’n bruinpapiersak en droog vir latere gebruik.
Peperment. Foto: pexels
Tiemie doen meer as om jou kos te geur. Dis ewe goed om moeë voete te reinig en verfris. Suurlemoentiemie speel klaar met verskeie swamme en bakterieë en is ideaal vir ’n voetbehandeling. Die helende en verfrissende uitwerking laat jou voete gesond en vars, reg vir die volgende rondte. Suurlemoentiemie (Thymus x citriodorus) is die gewildste soort tiemie en het ’n skerp, vars suurlemoengeur en groen-en-geel blare wat mooi lyk in die tuin. Plant dit as ’n grondbedekker aan die voorkant van die bedding waar dit tot 20 cm hoog en wyd sal groei.
Lees ook: Natuurlike maniere om van slakke, vlieë, miere, kokkerotte en muskiete ontslae te raak
Hooffoto Pexels
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.