kategorieë: Blogs

Kry krag

Met ons nasionale kragreus se kapperjolle so kort voor die koue seisoen aanbreek, let ek op dat kommentaar oor die toestand van ons land op sosiale media en in die regte wêreld maar redelik donker daaruit sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek moet erken: Die ure wat Eskom deesdae weer my ligte met hernude ywer doof, laat my ook skellend, kragteloos en met ’n donker gemoed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is deksels aaklig om vryskut-werksure, wasmasjienure, kosmaakure en huiswerkure rondom beurtkrag te rangskik. Want almal weet dit is nie moontlik om daagliks alles af te jaag sodat jy die twee en ’n half beurtkragure romanties by kerslig agteroor kan sit en ontspan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Veral as die week al lank in die tand is en die werk nog baie, foeter dit ’n huisgesin behoorlik rond as die kragreus dit goeddink om die krag stiptelik af te skakel, net om dit na ’n halfuur weer aan te skakel en weer ’n paar ure later van fase te verander en die dorp in duisternis te dompel.

Sulke tye wens ek dat Dawid met sy slingervel dié gemene boelie van ’n kragreus tussen die oë kon kom klits.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit help ook nie as die koerante bekend maak dat Eskom beoog om ’n groot aantal van sy bevoegde werknemers af te dank nie. Daar is dan reeds probleme met deskundigheid en om die beskikbare bronne suksesvol te benut en in stand te hou. Wat baat dit daar is net ál minder mense wat oorbly wat weet hoe om dié joppie te doen?

Ons kan in sirkels debatteer en argumenteer en ons frustrasie uitbasuin via sosiale netwerke – mits ons onthou het om ons fone, tablette en rekenaars betyds te laai. Maar, waar bring ’n ingesteldheid van “hierdie land is poer in sy peetjie” ons?

Ons bly bloot morrende, kopskuddende doemprofete – wat kort-kort sonder krag sit.

Hoe dan gemaak om ons kragte te herwin en ons gemoedere ligter te laai?

Elke diertjie het sy of haar plesiertjie, maar ek deel sommer ’n paar dinge wat soms my liggie aan die flikker hou:

Lees ’n regte boek met regte bladsye by kers- of lamplig. Wanneer laas het jy in jou gunsteling TV-reeks se tyd, die luukse gehad om nié te staan en kosmaak of stryk terwyl jy TV-kyk nie, maar om toetentaal weg te raak in die boeiende storielyn van ’n boek?

• Skryf ’n brief by kerslig. Daar is altyd iemand met wie jy lanklaas gesels het. Skryf ’n regte-egte brief in ink en pos dit die volgende dag.

• Of skryf ’n gedig – al beteken dit niks vir enigiemand anders as jouself nie. Môre, in die ongenaakbare, elektriese lig, kan jy kopskuddend daarna kyk en dit weer uitvee.

• Maak ’n langafstandoproep na iemand wie se stem jy mis. Urelange elektroniese gesprekke het meriete, maar net jou eie stem kan warmte en omgee op die regte toonhoogte oor afstand dra. Al was dit hóé lanklaas wat julle stemmegesels uitgeruil het.

• Sit op jou stoeptrappie en kyk na die sterre. Of, as die herfswind jou binnenshuis hou, kyk na die sterre deur jou ruit. Of tuur in die donkerte. Soms sal die gedagtes wat in die donker ontkiem, jou verbaas. Hou nietemin ’n flitslig byderhand vir in geval jou gedagtes jou hare laat rys of jou laat verdwaal.

• As die bure se kragopwekker nie ’n té groot kabaal opskop nie, gaan word stil. Gaan lúíster na die stilte. Dit is een van die grootste luukshede van ons tyd: stilte. Daarby kan ons miskien ’n slag oorbluf stilstaan; oordink; bid.

• Krap jou bejaarde ou skootkat se wollerige ore by flou lamplig of in die donkerte. Die tevrede gespin sal jou jou ’n oomblik laat verbeel dat jy self ’n kragopwekker op die jaart het.

• Gaan slaap ’n slag vroeg. Die slim mense beweer dat voornagslaap soveel meer beteken vir uitrus, herstel en energie as ’n paar ure se indommel voor sonop. Ek is self skuldig. My dag het té min ure, so ek probeer om snags in te haal op wakkerwees-en-doen-ure. Met kringe-om-die-oë as gevolg en plooie wat nie deur te veel kussingure se kreukels veroorsaak word nie.

Ja, ons betáál vir krag. Ja, ou Eksdom is seker die enigste diensverskaffer op die Blou Planeet wat in rooi TV-flitse en helderverligte hokaaiwoorde mense aanmoedig om nié van sy dienste gebruik te maak nie. Dit is alles erg lagwekkend en frustrerend.

Maar, dalk, net dálk, kan ons in ’n kersligoomblik besef presies hóé afhanklik ons is van ou Edison se gloeilampie en elektrisiteit in die algemeen om ons gemaksratte en tegnologiese katoeters te laat draai.

Die lewe móét tog mos uit meer as volt en ampère en kragbeurte bestaan?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.