Die 2026 Suid-Afrikaanse Film- en Televisietoekennings is oor twee aande, op 13 en 14 Maart, uitgedeel. Dit was weer eens ’n glansryke viering van die kreatiewe uitnemendheid en talent, voor en agter die kameras, wat die maatstaf vir uitsonderlike storievertelkuns stel. Van die grootste wenners by vanjaar se Saftas was MultiChoice, ’n CANAL+-maatskappy, wat 48 toekennings ingepalm het in ’n wye verskeidenheid kategorieë, wat strek van realiteits-TV en draaiboekgedrewe inhoud tot dokumentêre en leefstylprogramme.
kykNET het 14 toekennings huis toe geneem – 15 as Erik Holm se spesiale eerbewys bygetel word. Holm is as uitnemende persoon met ’n gestremdheid vir sy spel in Binnelanders vereer. Dis die grootste aantal Saftas wat enige liniêre TV-kanaal vanjaar gewen het.
Magda Louw, wat deur Homebrew Films vervaardig word, het vier toekennings in die TV-komedie-kategorie ontvang, die meeste Saftas vir ‘n kykNET-program. Die geliefde sepie Suidooster, wat verlede jaar ’n dekade op die kassie gevier het en deur Suidooster Films vervaardig word, het met twee toekennings weggestap. Beide reekse word by Atlantic Studios verfilm.
Verskeie akteurs in kykNET-programme het ook uitgeblink. Vir hul spel in Magda Louw het Desiré Gardner die toekenning vir beste aktrise in ’n TV-komedie gewen, en Hannes van Wyk is as beste akteur in ’n TV-komedie aangewys. Frank Opperman het vir sy rol in Nêrens, Noord-Kaap Deel 2 die Safta vir beste akteur in ’n TV-drama ontvang, en Tobie Cronjé het vir Pronk Primêr die toekenning vir beste akteur in ‘n TV-komedie opgeraap.
“Hierdie erkenning is ’n bewys van die uitsonderlike diepte van ons kreatiewe talent. Suid-Afrika se vermaakbedryf lewer gehalte werk van wêreldklas standaard, geanker in egtheid en gedryf deur uitnemendheid,” sê Nomsa Philiso, Direkteur: Inhoud vir Engels- en Portugeessprekende Afrika-lande. “Baie geluk aan al die wenners.”
Hier is ’n lys van die kykNET-wenners:
- BESTE KOMPETISIE-REALITEITSPROGRAM
Plaasjapie (Seisoen 2)
afrOkaans
- BESTE LEEFSTYLPROGRAM
Elders: Ligtoringroete
Bonanza Films
- BESTE DRAAIBOEK IN ’N TV-KOMEDIE
Magda Louw
Desiré Gardner
Homebrew Films
- BESTE REGIE IN ’N TV-KOMEDIE
Magda Louw
Johan Nel
Homebrew Films
- BESTE GARDEROBE IN ’N TV-DRAMA
Niggies
Mariechen Vosloo
Wolflight Films
- BESTE OORSPRONKLIKE KLANKBAAN IN ’N TV-DRAMA
Niggies
Pierre-Henri Wicomb
Wolflight Films
- BESTE GRIMERING EN HAARSTILERING IN ’N SEPIE/TELENOVELA
Skemergrond
Waldemar van Rensburg
Penguin Films
- BESTE KUNSREGIE IN ’N SEPIE/TELENOVELA
Suidooster
Beatrix van Zyl
Suidooster Films
- BESTE DRAAIBOEK IN ’N SEPIE/TELENOVELA
Suidooster
Pieter Francois Retief Scholtz
Suidooster Films
- BESTE AKTEUR IN ’N TV-DRAMA
Frank Opperman (Nêrens, Noord -Kaap Deel 2)
Nagvlug Films
- BESTE MANLIKE BYSPELER IN ’N TV-KOMEDIE
Tobie Cronjé (Pronk Primêr)
Sonvelt Media
- BESTE AKTRISE IN ’N TV-KOMEDIE
Desiré Gardner (Magda Louw)
Homebrew Films
- BESTE AKTEUR IN ’N TV-KOMEDIE
Hannes van Wyk (Magda Louw)
Homebrew Films
- BESTE VROULIKE BYSPELER IN ’N SPEELFILM
June van Merch (Die Kwiksilwers)
Sanktuary Films
Lees ook: Onthul en In gesprek span kragte saam: Lourensa Eckard ondersoek aanlyn dobbel






