Deur rooi rose
Nuwe ervarings en heerlike kos was vanjaar aan die orde van die dag by Innibos se tweede Laeveldse Langtafel.
Op 26 Junie is besoekers (ook internasionale gaste) met busse na ’n onbekende venue aangery sonder dat hulle geweet het wat op hulle wag.
Daar was drankies, kreatiewe geregte, uitsoekwyne en ervarings wat eie aan die tema was. Pragtige musiek het die lekkerte afgerond.
rooi rose het vir elke besoeker ’n geskenksakkie uitgedeel.
Moenie aanstaande jaar dié unieke ervaring misloop nie!
Lees ook: 10 redes waarom jy rooi rose se Julie-uitgawe móét lees!





































