Lietsjies op ons rakke beteken dit is uiteindelik somer. Dié Oosterse vruggie met die knopperige dop is ewe lekker saam met soet en sout geregte, en nog goed vir jou ook, want dis ryk aan kalsium, vitamien C en kalium.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Koop só: Die kleur van die dop verander van groen na ligbruin wanneer die vrugte ryp is. Vermy pap vruggies met donker kolle op die dop.
Gebruik só: Skil die vrugte af, sny die donker pit uit en gebruik die glasige vlees. Die vlees kan gekook word in strope, drankies geur, as puree gevries word, vir roomys, of vars in slaaie gebruik word.
Geurpasmaats: gemmer, koljander, sojasous, eend, vark, hoender, kerrie, rooswater, amaretti-beskuitjies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Vries 250 ml (1 k) lietsjies. Stamp ’n hand vol gekapte kruisement, 30 ml (2 e) gemmer en 15 ml (1 e) suiker in ’n stamper en vysel. Meng die kruisementmengsel met 750 ml (1 bottel) droë vonkelwyn, 500 ml (2 k) lietsjiesap en 500 ml (2 k) sodawater. Skink op ’n warm somerdag saam met die lietsjie-ysies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.