Ek blaai gisteraand deur Baron Baptiste se boek Being of power. ‘n Opskrif vang my oog: Release the concern for looking good.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Goeie aarde, mag mens maar?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Soos talle vroue van my ouderdom het ek ‘sorg dat jy goed lyk’ kleintyd saam met my fyngedrukte piesang ingekry. Nie ‘goed lyk’ soos in hoë hakke en ‘n ontwerpersnommertjie nie, hoewel lipstiffie – wat tot en met die laaste dag van die matriekeksamen verbied was – onmiddellik daarna verpligtend geword het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Nee, ‘goed lyk’ soos in: wees die minste. Toon belangstelling. Vermy feitefoute, Engelse uitspraakfoute, datumfoute, berekeningsfoute. Onthou ander se verjaarsdae en name (en moenie, soos ek onlangs gedoen het, in ‘n oomblik van waansin vir Pete aan wie ek pas voorgestel is, sê “I am Pete” nie).
En dan is daar ‘goed lyk’ in ‘n vorm wat, toegegee, die afgelope paar jaar hier en daar gesneuwel het: hou die kroon op die man se kop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }As ‘goed lyk’ beteken jy moet oral en altyd lyk of jy weet wat jy doen, is dit g’n wonder dat ek gisteraand met Baron Baptiste se bevrydende boek onder my kopkussing wou gaan slaap nie. Ek wonder: wat sou dit verg, hoe sou dit voel, om ‘the concern for looking good’ te laat gaan? Miskien kan ek dit ‘n uur per dag probeer en sien wat word.
Dalk is ek eersdaags werkloos en sosiaal ‘n uitgeworpene, hoewel ek darem lipstiffiegeld sal spaar. Alternatiewelik word ek binnekort ‘n being of power. Enigiemand wat wil meedoen aan die eksperiment?
Being of power deur Baron Baptiste, Hay House, 2013.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.