kategorieë: Blogs

Lyk my arms vet vandag? Maar regtig!

Hoekom sulke dae gebeur, weet ek nie. Al wat ek weet is dat jy net van vooraf skuldig die volgende oggend voel. “Bly weg van die skaal”, sê dieetkundiges, maar die skaal is nie altyd Pinnochio nie. Ook nie toe ek vanoggend my potloodrompie wou aantrek en op die ou end met my Aladdin-broek by die huis uit is nie. Wat dinge die ergste maak, is die feit dat jy die een is wat besluit wat by jou mond ingaan en dis nie altyd wortels en spinasie nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoekom voel ek so goor? Hoekom het ek nie net eerder gaan oefen as ek weet dit stel hope goedvoel-hormone vry nie? Want. Ek. Was. Nie. Lus. Nie. Los. My. Uit. En weet jy wat?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

DIT IS OKAY!

Dis okay om partykeer die hele pizza te eet saam met ’n glas wyn. Dis okay om soms die oorspronklike blikkie Coke te koop in plaas van Coke Zero en dis meer as okay om party dae jou liggaam die ruskans te gee wat dit verdien. Dis die einste ruskans wat jou die volgende week weer motiveer om reg te eet en met ’n glimlag op jou gesig gym toe te gaan. Moenie jouself opstres, omdat jy ook die lekker dinge in die lewe wil geniet nie. Ek sukkel self daarmee, maar dis so onnodig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons vrouens is heeltemal te bekommerd oor ’n kilogram of twee. Eet die koek. Eet nog ’n stuk en geniet, maar alles in proporsie, want te veel van ’n goeie ding, jy ken die res, is sleg vir jou. Inteendeel, mense verloor gewig, omdat hulle ’n cheat ete inwerk. Dit stop cravings en gee jou weer moed. Moed vir die ander ses dae van die week. Ek het my meer-as-10-kilogram afgeskud met cheat etes en al! Klaar gepraat.

Ek gaan nie meer skuldig voel as ’n vet-dag ongenooid opdaag nie. Nee, ek gaan hom met ope arms ontvang en my karsleutels gaan soek. Reguit KFC toe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 days Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

3 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

3 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

3 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

3 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.