Maak self ’n Kerskrans met vetplante. Hierdie kom oorspronklik uit ’n storie in die Desember 2006-uitgawe van rooi rose. Deur René Slee, foto’s deur Leana Clunies-Ross
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
1 Gebruik net die ring waarin ’n oasiskrans gewoonlik gesit word, en pak die kaktusplantjies taamlik styf teen mekaar in die leë ring. Ons het echinokaktusse gebruik wat in ideale omstandighede so groot soos ’n balie kan word. Daar word na dié groot kalante as “skoonma se stoel” verwys.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }2 Vul die ruimte tussen die plantjies op met die grond waarin hulle geplant was. Op dié manier kan jy ná Kersfees die kaktusse ongesteurd in die ringvorm verder laat groei. Pleks van echino’s kan jy ook woestynrosies of ons inheemse plakkies gebruik.
3 Maak ’n “bak” vir jou krans deur ’n lang stuk gaasdraad onder om die oasisring te vou sodat dit die ring verbloem en die rande aan weerskante byna so hoog soos die plantjies is. Sny die gaasdraad op die skuinste sodat dit plooibaar is en soveel moontlik uitgerek kan word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }4 Vul die gaasbak op met mos wat die oasisring bedek.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.