Geniet dit ook op geroosterde brioche vir ontbyt, of met botterbroodjies vir laatmiddagtee. Skep lagies suurlemoensmeer tussen repies gebakte filodeeg, of op tuisgebakte sponskoek. Meng met ’n gelyke hoeveelheid mascarpone en sit met biscotti voor.
Resep deur Vickie de Beer. Foto deur Dawie Verwey.
Bestanddele
Genoeg vir 5 x 250 ml-botteltjies
- 310 ml (1¼ k) botter
- sap van 6 groot suurlemoene
- 680 ml (2¾ k) strooisuiker
- 5 ml (1 t) sout
- 9 ekstragroot eiers
Metode
- Smelt die botter in ’n diep, mikrogolfvaste bak in die mikrogolf. Voeg die suurlemoensap, suiker en sout by en meng goed.
- Klits die eiers baie goed en roer by die suurlemoenmengsel in.
- Mikrogolf vir 4 min. Roer elke minuut. Toets of die smeer dik genoeg is deur ’n houtlepel daarin te steek en as die agterkant van die lepel met ’n dikkerige lagie bedek is, is dit reg.
- Indien nie, mikrogolf vir nog 1 min. en toets weer. (Die smeer word dikker namate dit afkoel.)
- Bottel die smeer terwyl dit warm is en seël dadelik. Berg op ’n koel, droë plek of in die yskas
Resep: Die lekkerste botterbroodjies (skons)
Resep: Heerlike gebottelde smeer
