kategorieë: Gesondheid

Malaria: die tekens

Kan jy malaria met verkoue verwar?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ja, ongelukkig. Die eerste simptome van Malaria verskil nie veel van ’n ligte verkoue nie. As jy malaria afskeep en nie dadelik (verkieslik binne 24 uur) behandel nie, ontwikkel dit gou in ’n baie ernstige toestand.  Jy kan sterf. Ons het van die hoogste malariasterftesyfers ter wêreld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Simptome van malaria

Hoe sal jy weet jy het malaria onderlede?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die byt van ’n malariadraende muskiet is maar net soos enige ander muskiet se byt. Jy sal nie meer jeuk nie. Al leidrade is jou simptome, wat na ’n week of twee later kop uitsteek.

As jy na 7-15 dae nadat jy die eerste keer in ’n malariagebied ingekom het die volgende simptome het, gaan dadelik dokter toe:

• Jy het koors
• Jy het kouekoors
• Jy het hoofpyn
• Jy raak naar

Hoe lank nadat jy in ’n malariagebied was, kan jy nog malaria ontwikkel?

Verkouesimptome wat drie weke na jou laaste dag in ’n malariagebied begin is waarskynlik te wyte aan doodgewone verkouekieme.

Kan jy malaria kry as jy jou medikasie getrou gedrink het?

Ja, ongelukkig. Daar is weerstandige malaria, maar jou kanse is darem baie, baie kleiner as jy op medikasie is. Die beste bly om geen kanse te waag nie en dadelik dokter toe te gaan as jy verkouerig is na sewe tot vyftien dae in ’n Malariagebied.

Kry die jongste, opgedateerde malaria-inligting hier: www.nicd.ac.za/

Lees ook: Wat jy moet weet oor ystertekort

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.