kategorieë: Gesondheid

Malariavrye vakansiebestemmings

Is jou vakansiebestemming malaria-vry?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Het jy geweet malaria stoot jou risiko op ’n miskraam baie op?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar moenie dat dit jou vakansieplanne in die wiele ry nie. Die meeste malarialande het ook malariavrye areas. Jy moet net weet waar om vakansie te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dink maar aan ons land, waar malaria net voorkom in dele van Natal, Mpumalanga en Limpopo, en veral in die laer dele tussen September en Mei.

Kyk hier om te sien wat die malariarisiko’s:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir Suid-Afrika in detail:
• www.santhnet.co.za/index.php/malaria-advice-for-travellers/item/330-malaria-risk-map-for-south-africa-2013.html
Vir die res van die wêreld:
• www.cdc.gov/malaria/travelers/country_table/a.html

As jy in ’n malariagebied gaan vakansie hou werk deur hierdie lysie:

• Wat is jou risiko (hoog, medium of laag)?
• In watter maande is jou risiko die grootste? Kan jy eerder in die lae-risikoseisoen gaan? In Suidelike Afrika is die piekmalariaseisoen van September tot Mei.
• Watter soort medikasie moet jy gebruik? Die SA National Travel Health Network het gewoonlik die jongste inligting.
• Maak seker wat die simptome van malaria is. Hou dop en gaan dadelik dokter toe as iemand koorsig raak.
• Wat kan jy inpak om veral snags jouself teen muskiete te beskerm? Dink aan ligte katoenkouse vir jou voete, eenstuk nagklere, ’n muskietnet, ’n muskietweerder om veral rondom die vensters te spuit en ook muskietbranders.

Wat jy ook al doen, moenie onnodige kanse waag nie. Dit kan die res van jou lewe bederf.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.