kategorieë: Blogs

Mamma’s is Engele. Regtig

Jammer dat jy haar troupêrels op ouderdom van twee afgeruk het en dat pappa vergeet het om dit te vervang. Jammer dat jy somtyds ongeduldig is en dink sy is daar om die lewe vir jou makliker te maak. En baie dankie,dat sy wel jou lewe makliker maak, al is dit net om te luister hoe kwaad manlief jou maak. Hoe sê mens dankie vir jou? Ek dink die antwoord lê in handgemaakte geskenkies. Geskenkies wat meer tyd en beplanning verg as geld. In ietsie wat sê: ” Ek het hieroor gedink, want jy is belangrik vir my”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek is ‘n prentjie-mens. Ek glo daarin om oomblikke op film vas te vang.

Daarom dan ook die rede hoekom ek besluit het op ‘n familie-foto. Wat kan meer kosbaar wees as ’n foto saam geliefdes? Baie min van ons het onlangse familie-foto’s. Meestal word hierdie foto’s mos maar geneem op troues en begrafnisse (hoekom op begrafnisse sal ek nie weet nie). Vanjaar is bietjie anders vir ons gesin – ouboet gaan volgende jaar varsity toe en vet weet hoe hy gaan lyk as student. Ek kan nie takbokhare en harde baarde op my foto’s hê nie. Nee, ons sal moet foto’s neem voor daardie omwendeling. Meeste tannies vertel my hulle word eers weer skaflik op 25 en teen daardie tyd kort ek botox vir al die frons.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So kom ek af op Shalane-Maré Wedding & Lifestyle Photographer. En ek raak verlief op elke liewe foto in die katalogus. Daar is die pragtigste foto’s van newborns en troues en families. Haar aanvoeling is ongelooflik. Net daar en dan sê ek haar – ons moet die wêreld hiervan vertel want, hierdie is juwele vir die siel. Help my ander gelukkig maak die Moedersdag, knipoog ek vir haar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So een gelukkig leser kan ‘n familie-fotosessie wen ter waarde van R650.00 om hulle familie op film vas te vang – net betyds vir Moedersdag. Al wat jy hoef te doen, is om haar facebook bladsy te gaan like en by die kompetisie post vir ons te vertel hoekom jou ma spesiaal is. Doen dit sommer nou.

In tussen tyd roep ek julle vaarwel tot volgende week.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Michelle

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.