Mans moet dokter toe gaan as hulle enige van hierdie 7 tekens sien deur Salomé Delport
Sy prostaat en testikels
As vroue is ons gewoond aan borsondersoeke. Maar mans is nie gewoond aan húl ondersoeke nie. Waarvoor móét hulle op die uitkyk wees?
Mans moet dokter toe gaan as hulle enige van hierdie 7 tekens sien:
Testikelkanker
- ’n Knop in een of altwee testikels – ertjiegrootte of groter.
- Dit is normaal dat een testikel groter is as die ander een. Maar as een al groter of al kleiner raak, is daar fout.
- Pyn in die buik, skrotum en/of testikel.
Lees ook: Moet jy testosteroonaanvullings oorweeg?
Dis belangrik om te onthou …
Testikelkanker is verrassend algemeen onder mans jonger as 35.
Prostaatkanker
- Urinering is moeilik, min, baie gereeld, brand en/of pynlik.
- Bruinerige urine.
- Pyn in die bobene, heupe en/of lae rug.
- Voete en bene voel swak en selfs lam.
Dis belangrik om te onthou …
Dit kan ook maar net dui op ’n vergrote prostaat, wat doodnormaal is. Maar laat ’n dokter kyk en seker maak.
